Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Baie dinge in ‘n kort tydjie

As ek nou moet terugdink wat alles gebeur het vandat ek laas geblog het, is dit net verstommend hoeveel gebeur het.

Die belangrikste is dat ons gemeenskap geskok is deur twee couples wat ons redelik goed ken, en dat ek verkeerd gemaak is sodat my vrou nie meer hoef te worry nie.

Dan het ek met vriende talks gehad en met hulle my gevoelens gedeel…

Ongeveer twee maande terug kom dit uit dat die man van een couple en die vrou van ‘n ander, ‘n buite-egtelike verhouding aangeknoop het, wat al nege maande lank duur. Ekself is nie groot vriende met enige van die twee couples nie, maar my vrou het haarself nogal beskou as ‘n redelike goeie vriendin van veral die vrou wie se man rondgeloop het.  

Die twee mense wat oor die tou getrap het, was waarskynlik die laaste van wie mens so iets sou verwag,  aangesien hulle gesiene Christene is wat leidende rolle in die gemeente gespeel het. 

Terwyl mens kan aanvaar dat mense opslip (ekself het al), sukkel mens om te verstaan hoe hulle vir nege maande lank hierdie verhouding kon voortsit, terwyl hulle op die oog af die Here met oorgawe dien?  Miskien was die verhouding meer emosioneel as seksueel? Was dit die “verbode vrugte” faktor wat bietjie avontuur gebied het?  Hoe lank sou dit aangegaan het, as dit nie op die lappe gekom het nie? Ek verstaan beide couples werk weer aan hulle huwelike, terwyl ek uit ‘n tweedehandse bron verneem dat die een party die ander laasweek gebel het te probeer voortgaan met die verhouding….moenie aanvaar dis die man nie….

Rof. Ek hoop hulle werk saam met mekaar en God om herstel te bring.

Ek het dit uiteindelik laat doen. My vrou karring (ek weet dis rof gestel) aan my om die operasie te laat doen. As sy daaroor begin praat, dan verander ek die onderwerp bitter vinnig of stop summier die gesprek. Of ek se: Hoekom moet ek aan iets laat werk wat niks makeer nie!?  Of ek seg: Ek is ‘n kontrakteur, ek gaan te veel geld verloor as ek dit NOU laat doen…

Eintlik is daar twee goed waarvoor ek skytbang was: Een is die feit dat die dokter dalk net iets ontdek wat ek nie van wil weet nie.

Die ander is die narkose. Ek was ses jaar oud toe ek laas “ondergesit” is. Wat as ek sou wakker word (hulle gee blykbaar net ligte narkose) onder die narkose, en al die pyn voel terwyl hulle besig is? Wat as ek nie weer wakker word uit die narkose nie?

Ongeveer ‘n maand terug begin vroulief weer. Ek vat ‘n paar lekker brannewyne (jy sien, dis nie net bad as jou man ietsie vat nie), en besluit om nie weer weg te stuur van die gesprek nie. Ons is immers klaar met kinders maak, Dit is immers ongesond vir haar om op die Pil te bly, en ek kan nie meer die kontrakwerker-wat-geld-gaan-verloor argument gebruik nie, want ek kan van die huis af werk.  Ek seg toe: As dit is wat jy wil he, so be it, maar jy moet bereid wees om alle gevolge te dra, en jy reel alles.  Ek kry toe ‘n afspraak drie dae later by die spesialis, en hy sny my toe ‘n week later. Sonder pyne. Maar ek het lekker gestres…Nou moet ek nog net heeltemaal regkom.

Van julle sal onthou dat ek in ‘n innerlike stryd was oor hoe ek vriendskappe en mense om my moet sien. Ek het toe omtrent ses weke terug besluit om die emosie uit my menseverhoudings te haal. Miskien is dit ‘n tipe selfbeskermingsmeganiek wat ek in plek wil stel. Probleem is net dat mense jou emosieloosheid begin optel en jou daarmee konfronteer.

Dit is moeilik om emosies by die huis te wys en nie daarbuite nie, so logies begin jy jou emosies by die huis ook afskakel, en jou vrou ly daaronder. Ek het aan haar verduidelik dat dit ‘n doelbewuste poging is, en dat dit sal balans beriek iewers in die toekoms.  

Ek glo en hoop dat ek op die regte plek is daarmee tans. Die antwoord, dink ek, is dat geen mens sy emosies kan onderdruk en maak asof dit nie bestaan nie. Dit bestaan. Maar elke mens kan besluit tot watter mate sy emosies sy optrede en lewensbeskouing gaan beinvloed. 

Miskien moet mens meer kopwerk in jou menseverhoudings plaas en minder emosies. Dit is dan nou ook wat ek met die tersaaklike vriende gedoen het. Ek het gaan sit en vir myself uitsorteer dat hierdie blote kuiervrinne is, en dat ek geensins moet verwag dat ons dieper as haardiepte onder mekaar se velle sal inkruip nie.  So is ek dan nou ook deur die een vriend gekonfronteer omdat ek afsydig en koud voorkom. Ek vertel hom toe ook van hierdie filosofie. Hy het op die oog af tevrede gelyk daarmee.

Maar deesdae as ek by hom kom (hulle kom kuier NOOIT by ons nie), dan lyk hy ongemaklik. Hy sit en trommel met sy vingers, vroetel met sy selfoon, staan op en gaan rook buite, wissel TV kanale. Waar, as ek vantevore wou ry kry, hy altyd gevra, byna gesmeek het, het ek moet nog een dop drink, lyk dit nou of hy amper verlig is dat ek pad vat. 

Is dit ek, of is dit iets anders wat hom omkrap? Ek het ‘n mental note gemaak om volgende keer, as daar van die ander tjomme by is, te kyk of hierdie gedrag wat ongemaklikheid spel, steeds daar is…

Dan laastens, ietsie mooi:

Ek het gistermiddag my seuns gevat om te gaan bolskop, by die plaaslike skool se rugbyveld. Ek en hulle “ontmoet” toe hierdie heer daar. Sy hart is so groot, en hy het my laat terugverlang na my eie skooldae.

Kan jy die eiertjie sien?

Kan jy die eiertjie sien?

En dan het ek ‘n grote skoothond in die huis….

Oktober 13, 2008 Posted by | Uncategorized | 5 Kommentaar

Miskien moet ek weer begin blog?

Ek kry vanoggend ‘n tweede versoek van my sussie in die Kaap af, om asseblief haar te accept as ‘n friend in Facebook. 

Dis nie asof ek haar nie wou accept nie, dis maar ‘n kwessie van Facebook is lae prioriteit by my, so ek het opgeslip op die eerste versoek. Ek hoop maar sy het nie offense gevat nie.

Een van die redes vir haar versoek is “sodat ons meer kan weet wat in mekaar se lewens aangaan”. En dit is wat my dan trigger om miskien weer te begin blog.

Ek wil nie sien dat my blog nou bloot ‘n argief  van persoonlike nuusgebeure word nie, maar, soos in die verlede, eerder hoe ek die lewe ervaar, en wat in my kop rondroer, reg of verkeerd, in reaksie op gebeure.

So, ek gaan nou weer my blog aktiveer en bietjie begin skryf.  As jy nie op my mailing list wil wees nie, stuur my net ‘n email en ek haal jou af.

Oktober 13, 2008 Posted by | Uncategorized | 2 Kommentaar

REPLY TO ALL!!!!!

Ek het laasweek ‘n pragtige email van iemand gekry met ‘n getuienis hoe die Here haar kind ongedeerd gelaat het nadat hy vir twinitg minute nie asemgehaal het nie.

Maar die getuienis is aan ek skat, 50 mense gestuur. Daarmee is opsigself ook nie fout nie, want ons het almal goeie nuus nodig.

Maar toe begin die probleme.

Gedurende die volgende paar dae het ek weird en wonderful emails begin kry van mense wat ek nog nooit van ghoor het nie. Van hierdie emails was email gesprekke tussen twee mense, wat ek nie ken nie, en waarmee die email se inhoud absoluut niks met my te doen het nie.

Teen gister het dit so hand uitgeruk dat ek gevra het dat almal my asseblief moet afhaal van hulle distribusie lyste, want die volumes word net te veel, en ek wil regtig nie vreemde mense se persoonlike sake lees nie.

Nie lank nie, toe begin daar skel emails rondvlieg.

Ekself en ‘n polisiekommissaris spring aanmekaar oor ek dink die kommissaris probeer my intimideer met rang. Ek moes na die tyd jammer se, want ek het te vinnig van die handle af gevlieg. Oordat ek diep ge-irriteerd was en omdat ek haar email as SKEL ervaar het. Want ek was die ontvanger, en sy het ROOI HOOFLETTERS gebruik.  Eintlik was sy. maar soos ek, ook ge-irriteerd met die klomp persoonlike emails wat sy in haar amptelike email adres ontvang het.

En die arme goedbedoelende vrou, voel vreeslik sleg.

Al hierdie drama kon vermy word deur een eenvoudige stappie te neem: BCC.

BCC is een van die opsies wat jy het , as jy ontvangers vir jou email insit. Soos To:, en CC:.

Beste van alles is, meeste email pakkete vereis nie dat jy ‘n adres in To: moet insit nie. Sou jou pakket dit vereis, sit jou eie email adres daar in.

So maak jy seker dat elke ontvanger slegs sy eie en jou email adres kan sien. As hy reply all, sal die email net na jou toe terugkom.

So verhoed jy sommer ook dat iemand jou kontaklys “harvest”, en jy keer ook dat jou kontakte naderhand ook emails van nigerian scammers en penis enlargers ontvang.

En as jy email kry met almal en die hond se email adresse in CC:, moenie reply all nie. Rerig nie. Jy het nie die reg om ongevraagde emails na mense to te forward nie. Ongeag van hoe goed of belangrik jou storie is. Ok, miskien in ‘n lewe en dood geval. 

Let wel, die reels hierbo geld net vir sosiale omstandighede. Uiteraard as jy werksemails stuur verander die reels weer heeltemaal. Dan is dit meestal agteraf om mense to BCC en die ontvanger te laat dink die email is vertroulik.

Lekker spamvrye naweek vir almal!

o ja, moenie hoofletters gebruik in jou emails nie, tensy jy wil skel. as jy te lui is vir punktuasie, doen dan liewer dit in kleinletters.

MAAR SKEL GERUS OP MY, EK KAN DIT VAT!

Julie 25, 2008 Posted by | Uncategorized | 9 Kommentaar

Pappa se dogtertjie word groot. Aaaaaargghh!

 Pappa se dogtertjie

So lyk sy as klein babadogtertjie.  Broos, onskuldig, afhanklik.

Sy is van kleins af geleer van die dinge van die lewe, en hoekom haar pa vol streng reels sal wees wanneer die boyfriends eendag op die toneel gaan verskyn.

En toe ons weer ons oge uitvee, is boyfriends die realiteit. Ok, op laerskool was daar twee van hulle, maar dit is van daai wat hulle nie eers oor praat nie, nevermaaind dat hulle nog wil kom kuier.

 Aan die begin van die jaar is sy hoërskool toe. En hoërskool beteken nuwe maats, nuwe vakke, en veral boyfriends, of dan nou een boyfriend. ‘n Rerige boyfriend.

Twee jaar ouer, met al die tools wat ouers moerse nagmerries gee.  Enigeiemand wat al met tienerseuns te doen gehad het weet dalk (of nie?) dat hulle korasies baaie hoër as hulle IK’s is. En in vandag se dae is maagdelikheid op my kind se ouderdom reeds eerder die uitsondering as die reel.

Ons het van kleins af openlik oor die seksuele met ons kinders gepraat, en ook verduidelik dat daar baie goeie redes is om te weerhou van seks totdat jy getroud is. Ek hoef nie die voordele hier uit te spel nie, of moet ek? So ons moet glo dat haar eie waardestelsel, gegrond op haar christelike geloof EN gesonde verstand, haar sal weerhou van stoutigheid.

Maar die tweetjies vreet mekaar behoorlik op! Gelukkig darem net soen en liefie-liefie. Ek en my vrou kry die horries! Verbied ons hulle dit, dan doen hulle dit skelm. Dan is daar geen beheer nie. Maar ek trek die streep tussen openbaar en privaat. Hulle mag NIE in my sitkamer sit en soen nie. Hulle mag glad nie ‘n slaapkamer kom nie. As hulle wil soen, moet hulle dit buite gaan doen, waar die gesin nie daarop kan afkom nie. Hopelik help dit om die soenery (en meer) te beperk. Maar ons hou maar dop en waarsku as die passie te hoog wil loop. Here, gee ons wysheid hier!

Ek beperk haar tot een maal ‘n maand se kuier by die seun se huis, want ek glo nie die beheer is so goed soos by ons nie. Hoe seg mens nou vir die seun en sy gesin my kind mag nie daar kom kuier nie?

Maar oorslaap is uit soos koekies in die weeshuis buite krismis seisoen. Is ons te streng of te rustig?

Kort na die boyfriend op die toneel verskyn het, verskyn daar nog ‘n stresopwekker in ons huis. En ek het haar nogal gehelp om dit te kry. Mxit! Wonderlike tool, wat byna niks kos om te gebruik nie.

Probleem is net: Die liefies kuier HEELDAG op Mxit, as jy hulle kans gee. Sy word met die foon wakker en raak aan die slaap met die ding soos ek en jy voor die TV, of met ‘n boek. Dit is darem nou nie net die boyfriend nie, maar ook ander tjomme.

Ek het haar geseg dat in die kwartaal sy slegs tussen 9 en 10 saans mag Mxit. In die vakansie is dit egter moeiliker om die beperking te handhaaf. BF is ver, so sy sien hom nie elke dag soos in die kwartaal nie. so, ek verstaan. Maar sy weet dat 6nm tot 9nm is gesinstyd, dan mag sy nie Mxit nie.

Maar dan vat sy gedurig kanse soos, “Ek kyk ‘n fliek, en dan ek mos maar Mxit”.

Toe gryp ek haar haar gisteraaand en seg: “As jy aanhou Mixit en TV kyk, en nie tyd maak vir jou gesinslede nie, moet jy die gevolge daarvan dra”.

Ek het haar ook geseg dat ek gatvol is om te smeek vir aandag. Sy moet nou maar aangaan, en die gevolge dra. Balans moet gehandhaaf word.

Dit lyk asof sy dalk wakker geskrik het, want toe ek vanoggend van Sandton af terugkom, is sy aan die koekies bak, en vertel dat sy nog nie ge-Mxit het heeldag nie. kom ons hoop dit sink in. Ek dit sou verpes om haar selfoon weg te vat, maar ek sal dit moet doen as sy nie vinnig balans kry nie.

Dan wil ek dit seg: Dit is skokkend om te sien hoe slapgat ouers is met die beheer en toesig oor hulle tienerkinders se doen en late. Miskien is dit omdat so baie moet werk deesdae, en veral enkelouers wat sukkel om die ma/pa rol te versoen met die broodwin rol. 

Laasweek hoor ek van ‘n spul skoollaaities wat ‘n tjom dronkgemaak het. en hom op sy fiets laat huistoe ry het daarna. Ons het ook gekuier in ons jong dae, maar ons het ons vrinne opgepas. Skoolkinders kan nog nie drank gebruik nie, want hulle kan nie eers daardie basiese verantwoordelikheid nakom teenoor hulle vriende nie.

Daarom is ek steeds baie taai om veral my tienerkinders te laat kuier by mense wat ek nie ken nie, en veral waar daar nie ouerlike toesig is nie. die Jonge dame het hoeka laasweek dit getraai, en is uitgevang. Sy sal dit nie weer waag nie.

En oorslapery tussen ‘n spul tieners is UIT! Een vriendinnetjie het getraai dat my dogter daar gaan oorslaap. Ons moes toe hoor hoe sy gescheme het almal by haar BF te gaan laat bly, sodat almal lekker kan kuier (vry? of meer?).

Wie van julle het tieners, en hoe hanteer julle hierdie issues?

 Mxit!

Junie 24, 2008 Posted by | Uncategorized | 21 Kommentaar

Mense om ons…..dws vriende

My kop roer die afgelope twee of drie weke vreeslik hard om die menseverhoudinge wat spesifiek onder die titel “Vriende” val, te definieer.

Vriende  kan jou bure (daai saam met jy kuier) wees, mense wat saam met jou in die kerk/selgroep/gebedsgroep is, en wie se kinders en jou kinders saam speel. Met ander woorde, daardie mense wat deel van jou lewe is omdat jy woon en werk waar jy is, en jou kinders skoolgaan waar hulle is, en jy in die kerk is wat jy is.

Dan kry jy natuurlik daardie vriende wat suiwer net vriende is omdat hulle en jyself op ‘n stadium ‘n band gevorm het wat wyer strek as die ander vriende.

En hoe kan ek vergeet? Jou internet vriende is ‘n nuwe tipe vriendskap wat selfs 10 jaar terug nie bestaan het, of waarvoor mense sou gelag het as julle twintig jaar terug sou seg dat hulle vriende gaan he wat hulle nog nooit die gesig van gesien het nie.

My kopkrap gaan oor die vraag: Hoe diep moet vriendskap raak? Hoe ver moet jy vriende toelaat in jou persoonlike ruimte? Hoe ver kan jy verwag dat vriende jou moet toelaat? Is daar plek vir oppervlakkige vriendskappe? Is daar plek vir simbiotiese vriendskappe? Simbiotiese vriendskappe is daardie wat sal hou net solank daar ‘n gemeenskaplke belang is.

My verstaan van vriendskap was nog altyd dat vriendskap daar is om mekaar te ondersteun. Om beskikbaar te wees wanneer jou vriend ‘n skouer nodig het om op te huil. Om eerlik te wees teenoor jou vriend as jy dink hy jaag aan. Of as hy onregverdig teenoor sy maat/kinders optree. Om hom te ondersteun wanneer hy deur ‘n moeilike depressiewe fase in sy lewe gaan. Om met hom ‘n pad te stap om een of ander emosionele of sielkundige gogga wat sy lewensgeluk steel, uit die weg te ruim. en uiteraard daarop te kan staatmaak dat jou vriend vir jou dieselfde sal doen.

En dan moet daar natuurlik die saam rugby kyk en visvang en kuier en ander ligsinnige goed bykom, ander kan vriendskap mos nou maklik in ‘n depressiewe swart ervaring verander.

My verstaan was nog altyd dat ALLE vriendskappe na die Utopia van vriendskap soos ek dit hierbo verstaan, moet mik. My verstaan was nog altyd dat vriendskappe wat nie groei in diepte nie, eintlik maar tydmors word, en sulke vriende maar oor tyd uit jou lewe moet verdwyn, want dit dien geen doel nie.

My vraag is: Is dit realisties om te verwag dat alle vriendskappe moet groei in diepte? Is daar plek vir sogenaamde oppervlakkige vriendskappe?

Wat van daai vriende wat jy al soveel jaar mee aankom, wat nooit van hulle laat hoor nie. As jy nie bel nie, hoor jy niks. maar tog is hulle altyd verskriklik opgewonde om van jou te hoor.  Hierdie tipe vriende wat ver woon, is ook geneig om gedurig te wil weet wanneer jy weer na hulle kant toe kom, maar nooit op die vliegtuig of in die kar sal klim en na jou kant toe kom kuier nie. Is daar plek vir hierdie vriende? moet jy annhou om hierdie vriendskappe lewendig te hou?

Wat van daai vriende wat deel van jou lewe is, maar wegskram van enige dieper gesprek as vandag se rugby, Bob mugabe se intellegensie, en Steve Hofmeyr se kaskenades?

En wat van jou blog vrinne? Partymaal dink ek hierdie is die lekkerste vriende, want wat jy seg is wat saakmaak. Daars nie status, geld, voorkoms, of enige iets ydel wa die vriendskap be-invloed nie.

Dan weer, is blog vriende rerig? Dit is net te maklik om uit ‘n virtuele vriendskap te verwyn.  Vra maar vir Steve hofmeyr.

Miskien is deel van die lekkerte van blogvriendskappe dat ek as man met etlike vrouens kan vriende wees, wat in die fisiese wereld om my, waarskynlik nie moontlik sou wees nie, weens gemeenskapskinder en vrouens wat nie mal is oor hulle mans se vriendskappe met ander vrouens nie?

Ek sluit nie huweliksmaats, kinders, en ander familie in by hierdie gedagtes nie. Want familie en gesinne se dinamika werk weer heeltemaal anders.

Laat weet wat julle dink. asseblief.

Junie 20, 2008 Posted by | Uncategorized | 4 Kommentaar

Kliek. En hy is virtueel dood!

Ek het nogal gewonder hoe lank dit gaan wees.

Kry ‘n email van Renchia, waar ek eers dog wie is dan nou dood?

Maar vir heelwat mense is dit sekerlik net so erg so die afsterwe van ‘n goeie vriend. Miskien erger, want anders as met regte afsterwes, waar jy nie meer elke dag die mens  sien nie, gaan jy nog steeds hierdie dooie in die land van die lewendes sien.

Skielik kan jy nou nie meer weet oor wat elke dag in sy lewe aangaan nie. En jy kan nie meer met hom gesels nie. Jy kan hom nie bemoedig nie, en jy kan nie meer hom berispe as jy dink hy jaag aan nie. En jy kan nie meer vir ander mense vertel hoe lekker julle twee nou al weer oor dit of dat gepraat het nie.

En jy het nie eens memories nie, want dit is ook toegesluit.

Nou moet jy ook maar soos al die plebs sonder Internet, by sy shows gaan ry staan om ‘n ou fototjie te kry. En nie te lank nie, gaan sy gesig nie meer ophelder omdat jy sus of so van die blog is (was) nie.

Julle ken mekaar nie meer nie. Jy is nou nog net een van die duisende gesigte wat shows kom kyk, en sy CD’s koop.

Sterkte met die rou proses! Ek het gelukkig al ‘n week gelede daarmee begin. Maar somehow voel ek tog steeds effens legerig.

En vir hom: Sterkte met die heel word proses! Miskien het jy die regte ding vir jouself en veral jou gesin gedoen…maar die bloggers is eina vanoggend!

Junie 2, 2008 Posted by | Uncategorized | 16 Kommentaar

Die plesier van ‘n papierlose wereld. En die pyn daarvan.

Vandat ek gehoor het van iets soos ‘n rekenaar, het ek altyd gedroom van twee goed:

Werk van die huis af en ‘n papierlose wereld.

En ek het altwee drome min of meer verwesentlik.

Ek werk vir ‘n vooruitdenkende, familie vriendelike maatskappy wat my toelaat om van die huis af te werk, en slegs vir vergaderings Sandton toe te ry.  

Ek kry dit ook heel gemaklik reg om vir ‘n week te werk sonder om een keer ‘n pen op te tel.

Want sien, ek het ‘n laptop en ‘n selfoon.

My hele lewe, behalwe vir my kerkgang en sekere van my persoonlike verhoudings, is op hierdie twee instrumente vasgevang. Heerlik. My hele werkslewe, op twee apparate met ‘n totale volume van  1240 kubieke centimeter. Heerlik mobiel. Handig, want jy druk net ‘n paar knoppe en jy kry alles wat jy nodig het.  Ek het selfs e-vriende wat ek nog nooit in lewende lywe ontmoet het nie.

Maar eergisteraand stort  my hele papierlose wereld in duie. Ek doen werk op die kombuis tafel, en gaan sit die laptop terug in die kantoor sonder om dit af te sit. Dit raak uit krag uit, en doen ‘n abnormale Shutdown. Toe ek probeer om dit weer aan die gang te kry, vorder ek niks verder as ‘n gevreesde “bluescreen” nie. Hierdie bluescreen kom op as jou rekenaar ‘n probleem ervaar, en Windows nie wil start nie, om jou data te beskerm.  Die boodskap wat ek saam met die bluescreen kry, beweer dat sekere my rekenaar se boot volumes nie gemonteer is nie, in kort: MY HARDESKYF IS DALK KORRUP.

My hele werkslewe is op hierdie hardeskyf. Die laaste twee en ‘n half jaar s’n. Daar is baie van daardie data, wat as ek dit nie kan in die hande kry nie, ek 24 uur later maar my goed kan vat en loop.  Mens dnk mos dit kan nie met jou gebeur nie!

Ek sterf 50 dode in ses ue se tyd. Teen half elf laat die techies my weet my laptop is gered. Ek vat hom net so by hulle, draf na my kantoor toe, EN MAAK BACKUPS. Selfs voor ek my email vir die dag lees.

Nou, hoeveel van julle het al julle telefoonnommers en kontak details net op julle selfone? Wat as daai foon gesteel word? Of daai foon se memory kaart of hardeskyf (ja, selfone het ook hardeskywe, al is dit kleiner as ‘n laptop of PC s’n) oppak?

Maak Backups! A jy ‘n rekenaar het, sinkroniseer (copy, sync) jou selfoon nommers na jou rekenaar toe. Nokia PC Suite is uitstekend hiervoor. Ek is seker die ander selfoon vervaardigers het soortgelyke sagteware. As jy nie ‘n laptop het nie, maar jou foon kan ‘n memory kaart vat, moet jy dalk maar ‘n ekstra memory kaart koop en jou selnomers daarop dupliseer. Ek weet nie of dit so kan werk nie, maar vind gerus uit. If all else fails, skryf jou selfoon kontakte af op papier. So much for a paperless world.

Maak backups van jou laptop of PC se inhoud. Maak seker jy het ten minste ‘n USB poort of CD skrywer. Gaan maar deur die pyne om jou kritiese dokumente en wat nog, op ‘n eksterne stoormedium (memory stick, CD, DVD) te skryf. Doen dit ten misnte een maal per maand, maar dalk meer dikels, afhangende van wat jy op rekenaar stoor.

Dan, as jou virtuele wereld in duie stort, soos myne eergisteraand, kan jy redelik gou die stukke optel en aangaan met jou (virtuele) lewe.

Dankie Here, ek het nog my werk vandag…..Dit was close!

Mei 28, 2008 Posted by | Uncategorized | 8 Kommentaar

Dirktjie ry weg in die weste…..

Ek het besluit om voorlopig ‘n einde te maak aan Dirk se kop se…, en Dirkltjie se teenwoordigheid op SSSB.

Diegene van julle wat my email adres het, is welkom om my te email, maar weet dit: As jy my uitvra oor my besluit, mag ek jou dalk ‘n antwoord gee wat jy nie van gaan hou nie, en wat dalk die vriendskap mag ruineer.

Ek bedank almal wat op ‘n stadium hier ingeloer het, en veral kommentaar gelewer het.

Sterkte vir elkeen van julle en mag julle God se seen in oorvloed ervaar.

Groete

dirkltjie

Mei 22, 2008 Posted by | Uncategorized | Kommentare af op Dirktjie ry weg in die weste…..