Miskien moet ek weer begin blog?
Ek kry vanoggend ‘n tweede versoek van my sussie in die Kaap af, om asseblief haar te accept as ‘n friend in Facebook.
Dis nie asof ek haar nie wou accept nie, dis maar ‘n kwessie van Facebook is lae prioriteit by my, so ek het opgeslip op die eerste versoek. Ek hoop maar sy het nie offense gevat nie.
Een van die redes vir haar versoek is “sodat ons meer kan weet wat in mekaar se lewens aangaan”. En dit is wat my dan trigger om miskien weer te begin blog.
Ek wil nie sien dat my blog nou bloot ‘n argief van persoonlike nuusgebeure word nie, maar, soos in die verlede, eerder hoe ek die lewe ervaar, en wat in my kop rondroer, reg of verkeerd, in reaksie op gebeure.
So, ek gaan nou weer my blog aktiveer en bietjie begin skryf. As jy nie op my mailing list wil wees nie, stuur my net ‘n email en ek haal jou af.
Nog geen kommentaar nie.
Lewer kommentaar
-
Recent
-
Skakels
-
Argiewe
- Oktober 2008 (2)
- Julie 2008 (1)
- Junie 2008 (3)
- Mei 2008 (2)
-
Kategorië
-
RSS
Inskrywings RSS
Comments RSS