Baie dinge in ‘n kort tydjie
As ek nou moet terugdink wat alles gebeur het vandat ek laas geblog het, is dit net verstommend hoeveel gebeur het.
Die belangrikste is dat ons gemeenskap geskok is deur twee couples wat ons redelik goed ken, en dat ek verkeerd gemaak is sodat my vrou nie meer hoef te worry nie.
Dan het ek met vriende talks gehad en met hulle my gevoelens gedeel…
Ongeveer twee maande terug kom dit uit dat die man van een couple en die vrou van ‘n ander, ‘n buite-egtelike verhouding aangeknoop het, wat al nege maande lank duur. Ekself is nie groot vriende met enige van die twee couples nie, maar my vrou het haarself nogal beskou as ‘n redelike goeie vriendin van veral die vrou wie se man rondgeloop het.
Die twee mense wat oor die tou getrap het, was waarskynlik die laaste van wie mens so iets sou verwag, aangesien hulle gesiene Christene is wat leidende rolle in die gemeente gespeel het.
Terwyl mens kan aanvaar dat mense opslip (ekself het al), sukkel mens om te verstaan hoe hulle vir nege maande lank hierdie verhouding kon voortsit, terwyl hulle op die oog af die Here met oorgawe dien? Miskien was die verhouding meer emosioneel as seksueel? Was dit die “verbode vrugte” faktor wat bietjie avontuur gebied het? Hoe lank sou dit aangegaan het, as dit nie op die lappe gekom het nie? Ek verstaan beide couples werk weer aan hulle huwelike, terwyl ek uit ‘n tweedehandse bron verneem dat die een party die ander laasweek gebel het te probeer voortgaan met die verhouding….moenie aanvaar dis die man nie….
Rof. Ek hoop hulle werk saam met mekaar en God om herstel te bring.
Ek het dit uiteindelik laat doen. My vrou karring (ek weet dis rof gestel) aan my om die operasie te laat doen. As sy daaroor begin praat, dan verander ek die onderwerp bitter vinnig of stop summier die gesprek. Of ek se: Hoekom moet ek aan iets laat werk wat niks makeer nie!? Of ek seg: Ek is ‘n kontrakteur, ek gaan te veel geld verloor as ek dit NOU laat doen…
Eintlik is daar twee goed waarvoor ek skytbang was: Een is die feit dat die dokter dalk net iets ontdek wat ek nie van wil weet nie.
Die ander is die narkose. Ek was ses jaar oud toe ek laas “ondergesit” is. Wat as ek sou wakker word (hulle gee blykbaar net ligte narkose) onder die narkose, en al die pyn voel terwyl hulle besig is? Wat as ek nie weer wakker word uit die narkose nie?
Ongeveer ‘n maand terug begin vroulief weer. Ek vat ‘n paar lekker brannewyne (jy sien, dis nie net bad as jou man ietsie vat nie), en besluit om nie weer weg te stuur van die gesprek nie. Ons is immers klaar met kinders maak, Dit is immers ongesond vir haar om op die Pil te bly, en ek kan nie meer die kontrakwerker-wat-geld-gaan-verloor argument gebruik nie, want ek kan van die huis af werk. Ek seg toe: As dit is wat jy wil he, so be it, maar jy moet bereid wees om alle gevolge te dra, en jy reel alles. Ek kry toe ‘n afspraak drie dae later by die spesialis, en hy sny my toe ‘n week later. Sonder pyne. Maar ek het lekker gestres…Nou moet ek nog net heeltemaal regkom.
Van julle sal onthou dat ek in ‘n innerlike stryd was oor hoe ek vriendskappe en mense om my moet sien. Ek het toe omtrent ses weke terug besluit om die emosie uit my menseverhoudings te haal. Miskien is dit ‘n tipe selfbeskermingsmeganiek wat ek in plek wil stel. Probleem is net dat mense jou emosieloosheid begin optel en jou daarmee konfronteer.
Dit is moeilik om emosies by die huis te wys en nie daarbuite nie, so logies begin jy jou emosies by die huis ook afskakel, en jou vrou ly daaronder. Ek het aan haar verduidelik dat dit ‘n doelbewuste poging is, en dat dit sal balans beriek iewers in die toekoms.
Ek glo en hoop dat ek op die regte plek is daarmee tans. Die antwoord, dink ek, is dat geen mens sy emosies kan onderdruk en maak asof dit nie bestaan nie. Dit bestaan. Maar elke mens kan besluit tot watter mate sy emosies sy optrede en lewensbeskouing gaan beinvloed.
Miskien moet mens meer kopwerk in jou menseverhoudings plaas en minder emosies. Dit is dan nou ook wat ek met die tersaaklike vriende gedoen het. Ek het gaan sit en vir myself uitsorteer dat hierdie blote kuiervrinne is, en dat ek geensins moet verwag dat ons dieper as haardiepte onder mekaar se velle sal inkruip nie. So is ek dan nou ook deur die een vriend gekonfronteer omdat ek afsydig en koud voorkom. Ek vertel hom toe ook van hierdie filosofie. Hy het op die oog af tevrede gelyk daarmee.
Maar deesdae as ek by hom kom (hulle kom kuier NOOIT by ons nie), dan lyk hy ongemaklik. Hy sit en trommel met sy vingers, vroetel met sy selfoon, staan op en gaan rook buite, wissel TV kanale. Waar, as ek vantevore wou ry kry, hy altyd gevra, byna gesmeek het, het ek moet nog een dop drink, lyk dit nou of hy amper verlig is dat ek pad vat.
Is dit ek, of is dit iets anders wat hom omkrap? Ek het ‘n mental note gemaak om volgende keer, as daar van die ander tjomme by is, te kyk of hierdie gedrag wat ongemaklikheid spel, steeds daar is…
Dan laastens, ietsie mooi:
Ek het gistermiddag my seuns gevat om te gaan bolskop, by die plaaslike skool se rugbyveld. Ek en hulle “ontmoet” toe hierdie heer daar. Sy hart is so groot, en hy het my laat terugverlang na my eie skooldae.
5 Kommentaar »
Lewer kommentaar
« Vorige |
-
Recent
-
Skakels
-
Argiewe
- Oktober 2008 (2)
- Julie 2008 (1)
- Junie 2008 (3)
- Mei 2008 (2)
-
Kategorië
-
RSS
Inskrywings RSS
Comments RSS

Welkom terug!!
Lekker om te sien jy is terug. Daardie eiertjie is omtrent goed gekamoefleer.
Hi Dirk, welkom terug.Jong niks maar niks kan my meer in die lewe skok nie, soos met die twee couples.Is die een couple nie dalk Frikkie en Venessa nie?
Ek se verwag altyd enige iets van enige een, goed of sleg.
Nee man ek het ook my blasting ticket (vasektomie) ek is nou `n sportsmodel reeds sedert 1994, ons het net een kind sy is nou 21,maar dis hoe ons dit wil he.Daar is geen probleme nie en daars niks fout met my libodo nie.Dis beslis baie gesonder vir jou vrou.
Konfronteer die vriend van jou tromp-op dis al wat gaan werk, maar gaan eet of drink iets erens en laat hy wat hom pla van sy hart af kry.
Lekker aand.
Mmmmmm, lekker diep ene dié.
My close vriende weet hoeveel keer ek al vir hulle gesê het: Ek wens net ek kan my emosies toedraai soos ‘n kraan. Wouldn’t it be great? Ek onderdruk soveel dinge al vir so lank en die ontploffing het ongeveer ‘n jaar terug plaasgevind. BIG BANG, believe me.
Ek glo ons Vader het my heavy geslat met die emotion stick. Party dae wens ek hy het nie. Maar dan het ek soveel empatie en gevoel vir die mense om my dat ek kan oorloop van vreugde, om net weer hard aarde toe te kom wanneer dit teruggegooi word in my gesig. So that now leaves me somewhere in the middle. Not here nor there, actually. Funny hoe ek ook aangetrokke is tot “diep” mense.
Daar is seker 3 mense op hierdie aarde wat weet hoe ek regtig oor diep dinge voel. Hou maar die kaarte teen die bors, want seerkry is iets wat nie gou oorwaai nie.
Don’t know Dirk, laat weet maar as jy dit uitgefigure het. Ek probeer nog.
Hey, daai kiewiet is beautiful.
Mooi bly x.
Nou wat het nou van jou geword?????