REPLY TO ALL!!!!!
Ek het laasweek ‘n pragtige email van iemand gekry met ‘n getuienis hoe die Here haar kind ongedeerd gelaat het nadat hy vir twinitg minute nie asemgehaal het nie.
Maar die getuienis is aan ek skat, 50 mense gestuur. Daarmee is opsigself ook nie fout nie, want ons het almal goeie nuus nodig.
Maar toe begin die probleme.
Gedurende die volgende paar dae het ek weird en wonderful emails begin kry van mense wat ek nog nooit van ghoor het nie. Van hierdie emails was email gesprekke tussen twee mense, wat ek nie ken nie, en waarmee die email se inhoud absoluut niks met my te doen het nie.
Teen gister het dit so hand uitgeruk dat ek gevra het dat almal my asseblief moet afhaal van hulle distribusie lyste, want die volumes word net te veel, en ek wil regtig nie vreemde mense se persoonlike sake lees nie.
Nie lank nie, toe begin daar skel emails rondvlieg.
Ekself en ‘n polisiekommissaris spring aanmekaar oor ek dink die kommissaris probeer my intimideer met rang. Ek moes na die tyd jammer se, want ek het te vinnig van die handle af gevlieg. Oordat ek diep ge-irriteerd was en omdat ek haar email as SKEL ervaar het. Want ek was die ontvanger, en sy het ROOI HOOFLETTERS gebruik. Eintlik was sy. maar soos ek, ook ge-irriteerd met die klomp persoonlike emails wat sy in haar amptelike email adres ontvang het.
En die arme goedbedoelende vrou, voel vreeslik sleg.
Al hierdie drama kon vermy word deur een eenvoudige stappie te neem: BCC.
BCC is een van die opsies wat jy het , as jy ontvangers vir jou email insit. Soos To:, en CC:.
Beste van alles is, meeste email pakkete vereis nie dat jy ‘n adres in To: moet insit nie. Sou jou pakket dit vereis, sit jou eie email adres daar in.
So maak jy seker dat elke ontvanger slegs sy eie en jou email adres kan sien. As hy reply all, sal die email net na jou toe terugkom.
So verhoed jy sommer ook dat iemand jou kontaklys “harvest”, en jy keer ook dat jou kontakte naderhand ook emails van nigerian scammers en penis enlargers ontvang.
En as jy email kry met almal en die hond se email adresse in CC:, moenie reply all nie. Rerig nie. Jy het nie die reg om ongevraagde emails na mense to te forward nie. Ongeag van hoe goed of belangrik jou storie is. Ok, miskien in ‘n lewe en dood geval.
Let wel, die reels hierbo geld net vir sosiale omstandighede. Uiteraard as jy werksemails stuur verander die reels weer heeltemaal. Dan is dit meestal agteraf om mense to BCC en die ontvanger te laat dink die email is vertroulik.
Lekker spamvrye naweek vir almal!
o ja, moenie hoofletters gebruik in jou emails nie, tensy jy wil skel. as jy te lui is vir punktuasie, doen dan liewer dit in kleinletters.
MAAR SKEL GERUS OP MY, EK KAN DIT VAT!
9 Kommentaar »
Lewer kommentaar
-
Recent
-
Skakels
-
Argiewe
- Oktober 2008 (2)
- Julie 2008 (1)
- Junie 2008 (3)
- Mei 2008 (2)
-
Kategorië
-
RSS
Inskrywings RSS
Comments RSS
Ek voel jou pyn. Ek wonder partykeer hoeveel werk word gedoen tussen al die email deur. Die “Good mornings” en “Good tidings” word partykeer net een te veel vir my.
Baie lekker naweek vir julle!
hi Dirk, gedag ek kom net “simpatiseer” met wat ek by Wipneus gehoor het van die ouens wat mens se blog so kom besmeer met hul negatiewe kommentaar…sterkte en ek stem 200% saam met daardie uitslapery oor tieners! Gelukkig is my twee gediend daarmee en nog net goeie maats gehad tot dusver..”fingers crossed” en my gebede gaan “boontoe”… mens leef maar in ‘n wereld waar jy hulle MOET beskerm! en sterkte met hierdie email-dinge…ek haat daardie goete wat so geforward word na almal…ek het al vir my ‘n ander email geskep net om van daardie gemors ontslae te wees!
Hi Dirk. Ek het nou al filters op my e-mail wat alle fw’s sommer direk in my trash laat beland, want as jy nie eens die moeite kan doen om die e-mail te laat lyk of dit vir my bedoel is nie, kan dit seker nie saak maak as ek dit nie lees nie! Voorheen het dit my byna ñ uur gevat elke oggend by die werk om net deur alles te scan, wat nog van iets aan te stuur of iemand te antwoord. En as dit enigsins iets noem dat jy dit moet aanstuur, ongeag waaroor dit gaan, eindig dit by my. Om nie eens van sommige van die versinsels wat vir die waarheid aangestuur word, te praat nie! Maar vandat ek elkeen gaan opsoek en dan my bevindings terugstuur, kry ek ook baie minder van dit. Jou raad oor bcc sal ek beslis in die toekoms volg, dit is uiters frustrerend om allerhande junk te ontvang. Lekker naweek.
Dirk hoop jou week gaan heerlik wees, sonder bollie mails en all!!
Ai, as ek maar net ‘n sent gehad het vir elke keer wat ek hierdie selfde argument met mense gehad het!
Sterkte, ek vee sommer voor die voet als uit as ek nie die sender ken nie.
Hoop jy het ‘n goeie week
((((((((((Hallo)))))))))) waar op aarde kruip jy weg?
Lekker week vir jou!! Kruip nou bietjie uit jou gat uit, tyd vir ‘n nuwe inskrywing!!!!!!!
Nee magtig man waar is jy? Ek het ‘n new look!!
Dirk, Dirk, DIRK DDDIIIRRRKKKK!!!!!!
Wat het van jou geword. Mis jou inskrywings so nou en dan. Ek sit ook net in die BCC. Dit maak die probleme baie minder
Jy het ‘n Blog toekenning – http://tekkies.wordpress.com/2008/09/10/blog-toekenning-02-09-2008/