REPLY TO ALL!!!!!
Ek het laasweek ‘n pragtige email van iemand gekry met ‘n getuienis hoe die Here haar kind ongedeerd gelaat het nadat hy vir twinitg minute nie asemgehaal het nie.
Maar die getuienis is aan ek skat, 50 mense gestuur. Daarmee is opsigself ook nie fout nie, want ons het almal goeie nuus nodig.
Maar toe begin die probleme.
Gedurende die volgende paar dae het ek weird en wonderful emails begin kry van mense wat ek nog nooit van ghoor het nie. Van hierdie emails was email gesprekke tussen twee mense, wat ek nie ken nie, en waarmee die email se inhoud absoluut niks met my te doen het nie.
Teen gister het dit so hand uitgeruk dat ek gevra het dat almal my asseblief moet afhaal van hulle distribusie lyste, want die volumes word net te veel, en ek wil regtig nie vreemde mense se persoonlike sake lees nie.
Nie lank nie, toe begin daar skel emails rondvlieg.
Ekself en ‘n polisiekommissaris spring aanmekaar oor ek dink die kommissaris probeer my intimideer met rang. Ek moes na die tyd jammer se, want ek het te vinnig van die handle af gevlieg. Oordat ek diep ge-irriteerd was en omdat ek haar email as SKEL ervaar het. Want ek was die ontvanger, en sy het ROOI HOOFLETTERS gebruik. Eintlik was sy. maar soos ek, ook ge-irriteerd met die klomp persoonlike emails wat sy in haar amptelike email adres ontvang het.
En die arme goedbedoelende vrou, voel vreeslik sleg.
Al hierdie drama kon vermy word deur een eenvoudige stappie te neem: BCC.
BCC is een van die opsies wat jy het , as jy ontvangers vir jou email insit. Soos To:, en CC:.
Beste van alles is, meeste email pakkete vereis nie dat jy ‘n adres in To: moet insit nie. Sou jou pakket dit vereis, sit jou eie email adres daar in.
So maak jy seker dat elke ontvanger slegs sy eie en jou email adres kan sien. As hy reply all, sal die email net na jou toe terugkom.
So verhoed jy sommer ook dat iemand jou kontaklys “harvest”, en jy keer ook dat jou kontakte naderhand ook emails van nigerian scammers en penis enlargers ontvang.
En as jy email kry met almal en die hond se email adresse in CC:, moenie reply all nie. Rerig nie. Jy het nie die reg om ongevraagde emails na mense to te forward nie. Ongeag van hoe goed of belangrik jou storie is. Ok, miskien in ‘n lewe en dood geval.
Let wel, die reels hierbo geld net vir sosiale omstandighede. Uiteraard as jy werksemails stuur verander die reels weer heeltemaal. Dan is dit meestal agteraf om mense to BCC en die ontvanger te laat dink die email is vertroulik.
Lekker spamvrye naweek vir almal!
o ja, moenie hoofletters gebruik in jou emails nie, tensy jy wil skel. as jy te lui is vir punktuasie, doen dan liewer dit in kleinletters.
MAAR SKEL GERUS OP MY, EK KAN DIT VAT!
-
Recent
-
Skakels
-
Argiewe
- Oktober 2008 (2)
- Julie 2008 (1)
- Junie 2008 (3)
- Mei 2008 (2)
-
Kategorië
-
RSS
Inskrywings RSS
Comments RSS