Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Pappa se dogtertjie word groot. Aaaaaargghh!

 Pappa se dogtertjie

So lyk sy as klein babadogtertjie.  Broos, onskuldig, afhanklik.

Sy is van kleins af geleer van die dinge van die lewe, en hoekom haar pa vol streng reels sal wees wanneer die boyfriends eendag op die toneel gaan verskyn.

En toe ons weer ons oge uitvee, is boyfriends die realiteit. Ok, op laerskool was daar twee van hulle, maar dit is van daai wat hulle nie eers oor praat nie, nevermaaind dat hulle nog wil kom kuier.

 Aan die begin van die jaar is sy hoërskool toe. En hoërskool beteken nuwe maats, nuwe vakke, en veral boyfriends, of dan nou een boyfriend. ‘n Rerige boyfriend.

Twee jaar ouer, met al die tools wat ouers moerse nagmerries gee.  Enigeiemand wat al met tienerseuns te doen gehad het weet dalk (of nie?) dat hulle korasies baaie hoër as hulle IK’s is. En in vandag se dae is maagdelikheid op my kind se ouderdom reeds eerder die uitsondering as die reel.

Ons het van kleins af openlik oor die seksuele met ons kinders gepraat, en ook verduidelik dat daar baie goeie redes is om te weerhou van seks totdat jy getroud is. Ek hoef nie die voordele hier uit te spel nie, of moet ek? So ons moet glo dat haar eie waardestelsel, gegrond op haar christelike geloof EN gesonde verstand, haar sal weerhou van stoutigheid.

Maar die tweetjies vreet mekaar behoorlik op! Gelukkig darem net soen en liefie-liefie. Ek en my vrou kry die horries! Verbied ons hulle dit, dan doen hulle dit skelm. Dan is daar geen beheer nie. Maar ek trek die streep tussen openbaar en privaat. Hulle mag NIE in my sitkamer sit en soen nie. Hulle mag glad nie ‘n slaapkamer kom nie. As hulle wil soen, moet hulle dit buite gaan doen, waar die gesin nie daarop kan afkom nie. Hopelik help dit om die soenery (en meer) te beperk. Maar ons hou maar dop en waarsku as die passie te hoog wil loop. Here, gee ons wysheid hier!

Ek beperk haar tot een maal ‘n maand se kuier by die seun se huis, want ek glo nie die beheer is so goed soos by ons nie. Hoe seg mens nou vir die seun en sy gesin my kind mag nie daar kom kuier nie?

Maar oorslaap is uit soos koekies in die weeshuis buite krismis seisoen. Is ons te streng of te rustig?

Kort na die boyfriend op die toneel verskyn het, verskyn daar nog ‘n stresopwekker in ons huis. En ek het haar nogal gehelp om dit te kry. Mxit! Wonderlike tool, wat byna niks kos om te gebruik nie.

Probleem is net: Die liefies kuier HEELDAG op Mxit, as jy hulle kans gee. Sy word met die foon wakker en raak aan die slaap met die ding soos ek en jy voor die TV, of met ‘n boek. Dit is darem nou nie net die boyfriend nie, maar ook ander tjomme.

Ek het haar geseg dat in die kwartaal sy slegs tussen 9 en 10 saans mag Mxit. In die vakansie is dit egter moeiliker om die beperking te handhaaf. BF is ver, so sy sien hom nie elke dag soos in die kwartaal nie. so, ek verstaan. Maar sy weet dat 6nm tot 9nm is gesinstyd, dan mag sy nie Mxit nie.

Maar dan vat sy gedurig kanse soos, “Ek kyk ‘n fliek, en dan ek mos maar Mxit”.

Toe gryp ek haar haar gisteraaand en seg: “As jy aanhou Mixit en TV kyk, en nie tyd maak vir jou gesinslede nie, moet jy die gevolge daarvan dra”.

Ek het haar ook geseg dat ek gatvol is om te smeek vir aandag. Sy moet nou maar aangaan, en die gevolge dra. Balans moet gehandhaaf word.

Dit lyk asof sy dalk wakker geskrik het, want toe ek vanoggend van Sandton af terugkom, is sy aan die koekies bak, en vertel dat sy nog nie ge-Mxit het heeldag nie. kom ons hoop dit sink in. Ek dit sou verpes om haar selfoon weg te vat, maar ek sal dit moet doen as sy nie vinnig balans kry nie.

Dan wil ek dit seg: Dit is skokkend om te sien hoe slapgat ouers is met die beheer en toesig oor hulle tienerkinders se doen en late. Miskien is dit omdat so baie moet werk deesdae, en veral enkelouers wat sukkel om die ma/pa rol te versoen met die broodwin rol. 

Laasweek hoor ek van ‘n spul skoollaaities wat ‘n tjom dronkgemaak het. en hom op sy fiets laat huistoe ry het daarna. Ons het ook gekuier in ons jong dae, maar ons het ons vrinne opgepas. Skoolkinders kan nog nie drank gebruik nie, want hulle kan nie eers daardie basiese verantwoordelikheid nakom teenoor hulle vriende nie.

Daarom is ek steeds baie taai om veral my tienerkinders te laat kuier by mense wat ek nie ken nie, en veral waar daar nie ouerlike toesig is nie. die Jonge dame het hoeka laasweek dit getraai, en is uitgevang. Sy sal dit nie weer waag nie.

En oorslapery tussen ‘n spul tieners is UIT! Een vriendinnetjie het getraai dat my dogter daar gaan oorslaap. Ons moes toe hoor hoe sy gescheme het almal by haar BF te gaan laat bly, sodat almal lekker kan kuier (vry? of meer?).

Wie van julle het tieners, en hoe hanteer julle hierdie issues?

 Mxit!

Junie 24, 2008 - Posted by | Uncategorized

21 Kommentaar »

  1. Dankie tog daar is ander ouers wat met dieselfde probleem sit…
    Ek verpes mixit. My oudste is amper 14 en mix ook aanhoudend.
    Tot gisteraand wat sy haar foon verbeur het – TOT NA DIE VAKANSIE!
    Almal wat my ken weet dat ek baie kan vat, maar as ek besluit het genoeg is genoeg wil jy nie naby wees nie.
    Dit word ‘n verslawing en die kinders kan nie meer behoorlik spel nie.
    Ek en my man is net so streng. Ek verduidelik al my besluite en hoekom ek ja of nee sê. Moenie aan my karring daaroor nie, anders is die ja sommer ook nee.
    Boyfriends is UIT.
    Ons vat dit maar dag vir dag en bid ons knieë deur.
    Ouers moet vasstaan, die tye raak moeiliker en dit is ons verantwoordelikheid om ons kinders goed op te voed.
    Hulle moet verantwoordelikheid neem vir hul dade en weet dat elke aksie ‘n re-aksie het.
    Sterkte vir julle.

    kommentaar deur Grootoog Uil | Junie 24, 2008 | Antwoord

  2. Ek is so bly my kinders is nie meer tieners nie. Ek was ook maar ‘n kwaai ma!

    Mooi meisiekind (dogtertjie) 😉

    Sterkte

    kommentaar deur Wipneus! | Junie 24, 2008 | Antwoord

  3. eish! Ek dink haelgeweer vir pa, en prozacs! Well written my vriend!

    En, jy is beslis n goeie pa! Eendag gaan sy dankie sê!!

    (((hugz)))

    kommentaar deur platterfuss | Junie 24, 2008 | Antwoord

  4. Howzit, ja ek het net een kind sy is nou 21 , het in 2005 Matriek geskryf.Was in 2006 vir nege maande in die VSA, verlede jaar vir amper agt maande in Ierland.Eerskomende Maandag vlieg sy en die boyfriend weer Ierland toe om daar permanent te gaan werk vir sy pa in `n hotel.Wel verseker gaan ons ons gatte af verlang en moet maar spaar om te gaan kuier.

    Ja Dirk jy het nog groenkoring op die land en moet die boompie nog buig terwyl die nog jonk is.Ek haat Mixit gelukkig was my dogter nooit erg daaroor nie, maar keuses van boyfriends en uitslapery het ons in haar tiener jare lekker laat cluth.Sterkte, en ja moet nie te streng wees nie, maar wees ferm en wees in beheer.

    kommentaar deur Die Brein | Junie 24, 2008 | Antwoord

  5. My laaitie is amper sewe – begin dink ek moet hom iewers gaan toesluit en eers weer uitlaat as hy veertig is…

    Ons hier op die platteland (okay, ek veralgemeen ek weet) kan ons kinders darem nog makliker beskerm as in die stad. Hier is ook tienerswangerskappe en dronkenskap onder die jongmense, want hier is ook ouers wat nie minder kan omgee oor wat van hulle kinders word nie, maar vir die van ons wat wel omgee is dit beslis makliker om te kan weet waar jou kind is en wat hy/sy doen.

    Sterkte met jou tieners en om hulle in te lig oor alles en die keuses steeds aan hulle oor te laat kan nie maklik wees nie, maar dis ongelukkig al manier hoe die meeste van ons leer! (Sommige leer natuurlik nooit nie…)

    kommentaar deur Xanika | Junie 25, 2008 | Antwoord

  6. Dankie vir almal van julle se terugvoer. Ek sal bietjie vir Meisiekind van julle se feedback deurgee. Ek het haar vertel van die blog inskrywing. Miskien moet ek haar sommer net voor die keputer neersit en laat lees…

    kommentaar deur dirkltjie | Junie 25, 2008 | Antwoord

  7. Dirk ‘n dogtertjie is “ietsie” baie spesiaal, hulle het baie meer liefde en baie meer aandag nodig! Belangrikste is die pa figuur en duidelik is jy daar vir haar!! Ek sit met twee groot tieners ja, Jaco is al 19 mens kan dit seker nie eers meer ‘n tiener noem nie, Juff’tjie was nou die ande dag 16! Ek druk haar gereeld, Jaco wil niks weet van drukkies en soentjies nie! Dirk ek en Juff’tjie sit gereeld en chat oor ‘n beker koffie, sy steek ook niks vir my weg nie, so ook ek niks vir haar (hulle) nie! Mxit is maar ‘n euwel, raak dit gewoond, die kinders het tot even vir my geleer van mxit! Nou mxit ek hulle bedags! Kry juis net nou ‘n sms van haar, ma mxit gou gou, wou sy by my hoor of sy ‘n sjokolade koek kan bak!! Die kind is vreeslik lief vir bak en brou – sy mag maar melktert maak! Dirk geniet jou dogtertjie – hulle is regte sonstrale!! PAS HAAR OP, DAAR IS BAIE WOLWE DAAR BUITE – Juf’tjie het so vriend gehad nou onlangs en net omdat sy nie DIT wou gee nie, het hy haar gevloek, en dit voor my, ek het hom storm geloop, en myself betyds gekeer, ek sou sy nek vir hom gebreek het!! Lekker dag verder!

    kommentaar deur meermin | Junie 25, 2008 | Antwoord

  8. Ek kry jou jammer jong, maar liewer streng as spyt. Sy sal wel later dankbaar wees vir alles. Hulle sê om ‘n ouer te wees moet jy vrede daarmee maak om 95% van die tyd gehaat te word. Maar sy sal jou dankbaaar wees eendag

    kommentaar deur neykie | Junie 25, 2008 | Antwoord

  9. Sê seblief daai dogter van jou hoe jy die dag gevoel het toe sy gebore is. As sy eers besef dat visies van chastity belts deur jou kop gegaan het en dat sy vandag daarsonder kan rondloop oor jy haar vertrou, dan sal dit mentally moeiliker raak om die kat in die donker te wil knyp.

    kommentaar deur Pagoda32 | Junie 25, 2008 | Antwoord

  10. Dirk lekker naweek!! GENIET JOU KINDERS!!

    kommentaar deur meermin | Junie 27, 2008 | Antwoord

  11. As jou dogter Mxit, dan kry sy wat sy wil he: Jou aandag

    Jy klink maar na een van daardie pa’s wat hulle meeste aandag aan kinders gee deur middel van KRITIEK.

    Wys DIE post vir jou dogter en kyk met liefde na haar terug voer.

    kommentaar deur mynameisbotha | Julie 3, 2008 | Antwoord

  12. Earl Botha, moenie kom slimstories praat sonder die relevante feite nie.

    Ek het jou ‘n email gestuur. Lees dit. En begin vir jouself lag in plaas van vir my en ander.

    Soos op Bosparra.com, lyk dit my jy kan net kritiseer en kwaadstook.

    Wil jy nie ‘n slag positiewe bydraes begin lewer in gesprekke nie?

    Of het jou pappie nie genoeg aandag aan JOU gegee nie? Nou soek jy dit hier en elders….

    kommentaar deur dirkltjie | Julie 3, 2008 | Antwoord

  13. Op bosparra het ek verduidelik dat dit verkeerd is om vleis te eet —- hoekom noem jy dit kwaadstook??

    In die email se jy; “Ek dink sy is moerse great en sy weet dit! (maar sy is nie sonder foute nie).”

    En wat van jou?? Is jy sonder foute??

    Ek skat ek het my knou gekry in Gr 8 toe ‘n onderwyser vertel het hoe hy hul babetjie slaan as sy nie wil slaap nie.

    (Daardie dogter van hom het selfmoord gepleeg toe sy sowat 20 jaar oud was.)

    Jy klink maar net so dominerend vir my — as ek verkeerd is dan is ek baie bly — maar hoe weet jy jou dogter is nie bang vir jou nie?

    Maak net seker dat jy nie jou frustrasies en vrese op jou kinders uithaal nie.

    “Ek beperk haar tot een maal ‘n maand se kuier by die seun se huis, want ek glo nie die beheer is so goed soos by ons nie.”

    Stem saam — my argument sal wees, ek wil hom mos ook leer ken!!

    kommentaar deur mynameisbotha | Julie 3, 2008 | Antwoord

  14. Earl Botha,

    My dogter staan hier reg langs my. So alles wat ek nou tik sien sy. Jy irriteer my, omdat jy aanames maak wat niemand wat my blog lees, maak nie.

    Miskien is ek klipharregat met jou, want jou toon is, reg van jou email adres af hoogs kaksoekerig.

    As jy met my ‘n ordentlike gesprek gesprek wil voer, dan vra jy eers ‘n paar vrae voordat jy op uiters beperkte inligting oordele vel.

    Ek is altyd oop vir gesprek. Maar nie vir persoonlike aanvalle nie.

    Kom ek antwoord jou vrae (al is van dit op ‘n persoonlike aanval trant):

    1.En wat van jou?? Is jy sonder foute?? Niemand is sonder foute nie. Ek ken my foute, ek erken hulle, en as ek verkeerd teenoor my kinders optree, vra ek hulle onvoorwaardelik om verskoning.

    2. “Maak net seker dat jy nie jou frustrasies en vrese op jou kinders uithaal nie.” Enige mens wat NOOIT sy frustrasies op sy kinders (en vrou) uithaal is reeds heeltemaal soos Jesus Christus. Maar wanneer ek doen, sal ek dit erken en hulle om verskoning vra. Of hulle vra om my af te lag as ek bedonnerd is.

    3. “Jy klink maar net so dominerend vir my — as ek verkeerd is dan is ek baie bly — maar hoe weet jy jou dogter is nie bang vir jou nie?”
    Want ek het ‘n baie goeie persoonlike verhouding met haar. Geen verhoudings gaan sonder rukke en stote nie, maar ek is regtig bly om te kan se dat ons ‘n baie openlike en reguit verhouding het.

    Die hele doel van hierdie posting is om my eie vrese en onstuimige gemoed oor my babadogtertjie wat nou groot word te lug. Ek besef net so goed soos syself dat sy moet grootword, dat sy moet boyfriends he, en dat sy maar kan Mxit! Dit is eintlik ‘n exciting tyd in haar lewe, maar vra ENIGE pa wat dogters het of hulle dink ek is sommer vol stront, dan wys ek jou ‘n pa wat nie ‘n donner omgee nie!

    Sal jy so gaaf wees om ons te vertel of JY kinders ket, en hoe oud hulle is, en hoe jy voel oor hulle?

    kommentaar deur dirkltjie | Julie 3, 2008 | Antwoord

  15. Geagte Oom Dirkie

    As ek nie buttons gepush het nie, dan sou Oom nie so kwaad en ge-irriteerd geword het nie…..

    En moet asseblief nie voor die kinders vloek nie.

    Wat ek vreemd vind, is dat Oom se vrou glad nie hier op die blog feature nie — daar is nie eens ‘n verwysing na haar nie — maar dalk het ek dit misgelees??? — so, ek sal maar stil bly…

    Oom het vandag op bosparra self gesien hoe kwaad mense word toe ek se dis verkeerd om vleis te eet, hulle raak kwaad omdat hulle diepbinne in hulle self weet dis verkeerd.

    Ek raak weer ‘kwaad’ wanneer ek sien (of vermoed) hoe kinders mishandel word. Nie net fisies nie, maar ook mentally, veral mentally….want dit is hoe ek mishandel is as kind, vandat ek ‘n kleuter was….en daarom kan ek dadelik sien (of dink ek sien!) wanneer ouers hulle kinders mentally mishandel of afskeep.

    Ek kry baie kinders verskriklik jammer, hulle het alles materieel gesproke, maar hulle is siels ongelukkig by hulle ouer huise.

    Dis nou weer MY button!, en as ek verkeerd is, dan maak dit mos nie saak nie…en as ek reg is, dalk help dit die kind om beter te voel, of dalk help ek die kind om iets in woorde te definieer wat hy nie op sy eie kon doen nie…of dalk help ek die ouer om sy kind in ‘n ander lig te sien.

    Die groot wapen wat ouers teen kinders gebruik, en wat hulle totaal afbreek, is voortdurende kritiek…ja, ek weet dit ook uit ondervinding.

    ‘n Beter manier is om die kind aan te moedig en te prys vir die goed wat hy reg doen — dan ontwikkel die kind selfvertroue— en soos wat die kind groei, word sy swak gewoontes, of wat ook al, dood gegroei deur sy goeie gewoontes.

    Dus, mense wat kritiseer, en veral ouers wat hulle kinders kritiseer, push ‘n button op my!

    Baie keer as ek hoor hoe ouers met hulle kinders praat, of ek lees van kinders wat wegloop, dan onthou ek ‘n yskoue pyn van ‘n leeftyd gelede asof dit gister was.

    (Terloops, godsdiens is nie juis ‘n button vir my nie, van daar die email-address, wat eintlik van toepassing is op die bosparra-rassiste-dronkaards.)

    kommentaar deur mynameisbotha | Julie 3, 2008 | Antwoord

  16. OK my maatjie, ek begin nou die prentjie sien.

    Eerstens, jy het nie ALTYD nodig om buttons te push nie. As jy egter wil buttons push, moet jy aanvaar dat mense jou negatief gaan ervaar.

    Oor ek wat nou nie moet vloek nie. (ek kan ook nou vra wat is vloek….) As ek nie bereid is om iets voor my kinders te doen nie, moet ek dit glad nie doen nie. Dis nou uitgesluit seks met my vrou.So, my kinders moet maar ook soms die ou woordjie hoor wat ek spreek.

    Die feit dat my vrou nie op die blog feature nie, (my twee seuns ook nie), is bloot as gevolg van die feit dat ek gatvol begin raak het vir die blogwereld omtrent twee maande terug, en my hele blog contents “gewipe” het. In daardie postings sou jy baie duidelik kon sien dat ek my vrou en kinders meer waardeer as enige iets in hierdie wereld.
    Weereens, pasop vir wilde aannames.

    Vierdens, terwyl ek die grootste simpatie denkbaar het met jou verlede, moet ek jou tog vra dat jy nie oorsensitief daaroor moet wees nie. Deel daarmee, en aanvaar dat nie almal hulle kinders emosioneel en fisies mishandel nie. Kortom, moenie ‘n Satan agter elke bos probeer uitskop nie. Ek stel voor jy gaan soek berading om met jou verlede te deel. (ek bedoel dit regtig eerlik en opreg).Ek aanvaar jy wil jou bes probeer om ander mense se kinders dieselfde hel wat jy deur is, te spaar, maar om mense so trompop te loop , veral dominerende soorte, gaan nie jou, of die kinders ter sprake, enigsins help nie. Jy kan, in fact dalk meer skade aanrig as goed.

    Kritiek kan op een van twee maniere gebeur: Postief (Opbouend) of Negatief (Afbrekend). As ek my kinders sou vertel dat hulle alles net reg doen, en nooit iets verkeerd nie, sal ek hulle net so ‘n helse onguns aandoen soos ouers wat NET negatiewe kritiek spoeg. Die geheim hier is dat jy en jou kinders in ‘n vertrouensverhouding met mekaar moet leef. Dit meen dat jou kinders jou moet vertrou wanneer jy hulle teregwys, al hou hulle nie daarvan nie. Uiteraard wens ek hulle ok geluk met positiewe optrede en denke. Ek vergoed hulle vir goeie (ook vordering) met skoolwerk. Maak ek sin? Ek is heeltemaal gekant teen disseplinering (pak slae, uitkak sessie) voor maats, vreemdes en in die openbaar.
    Tog kan jy vinnig vir jou kind se: “Nee man, moenie dit of dat doen nie, en hoekom”. Niks daarmee verkeerd nie.

    Ouers wat wapens moet opneem (kritiek soos hieronder deur jou genoem) teen hulle kinders, is self emosioneel onvolwasse en sielkundig gekraak. (BTW, baie ouers wat hulle kinders afknou, is SELF afgeknou…..)

    Laastens: Ek het ‘n baie groot passie vir kinders. Ek het vir seker 19 jaar in die sondagskool, voortrekkers, en tienerkampe, ‘n positiewe verskil in kinders se lewens probeer maak. Huidiglik is ek besig om op my eie te fokus, maar mag dalk weer by die jeug betrokke raak. Ek dink net soms dat mens jou raklewe kan oorskry hier van 45 tot 50 jaar oud, as dit by tienerbediening kom. Een van my eerste sondagskool kinders is op my blogger lys. Ek hoop om nog oor tyd baie van “my” kinders oor tyd raak te loop.

    Ek hoop regtig jy het nou bietjie perspektief oor hoe ek tiek.

    As jy in die Gauteng omgewing is, en jy het nodig om te praat oor jou issues, is ek bereid om jou iewers te ontmoet.

    kommentaar deur dirkltjie | Julie 3, 2008 | Antwoord

  17. My work is done here 🙂

    kommentaar deur mynameisbotha | Julie 3, 2008 | Antwoord

  18. Mens moet seker maar jou kidz judge op hoe jy was, maal 12!

    So, hoe was klein Dirkltjie?

    kommentaar deur Skoor | Julie 18, 2008 | Antwoord

  19. Die MXit is vir my ook ‘n kopseer. Hoe gaan mens regtig weet waarmee jou kind besig is?! Gelukkig is hulle baie eerlik en openlik met my! Dit laat ons maar op ons knie nou, nie waar nie!

    kommentaar deur Tersia | Julie 23, 2008 | Antwoord

  20. Skoor, dit gaan nie oor judge nie, eerder beskerming en at die beste is vir hulle.

    Wil jou nou rerig he ek moet my vuil wasgoed van my kinderdae hier uitblaker? Hehehe.

    kommentaar deur dirkltjie | Julie 24, 2008 | Antwoord

  21. Dirk, ai dit is ‘n baie moeilike situatsie daai!!! Maar ek het ook gevind dat indien jy TE streng is, dan dryf jy hulle weg van jou af! Maar aan die anderkant het ek ook gevind dat wanneer hulle tieners is dan moet jy maar streng wees en jy sal die vark in die verhaal wees. Totdat hulle 21 raak, en hulle die huis verlaat, dan besef hulle hoe goed dit vir hulle opvoeding wat dat ma en pa so streng was. My dogter van 21 wou elke dag die pad vat omdat ek so streng was, maar nou dat sy in Plettenbergbaai werk en almal haar vertel van hoe ‘n pragtige mens sy is, besef sy dat as dit nie vir my en pa was wat so streng was nie, sou sy nie so ‘n pragtige mens gewees het nie! So ja hou die balans, maar gee ook soms skiet, maar nie te veel skiet nie!!! Dit is baie baie moeilik om daardie skiet te gee, want glo my ‘n ma of pa wil saamgaan (veral as dit ‘n dogter is), maar onthou net dat jy ook jonk was!! Ek weet dit is moeilik en ons leef nou in ander tye, maar jy weet ook mos wat jy vir haar geleer het!! Sy moet haarself aan jou bewys dat jy haar kan vertrou. Hulle word 21 en glo my dan eers pluk jy die vrugte. Byt maar soms om die tande en op die tong!!! Maar kyk daai outjies mooi deur en laat hulle van die begin af weet dat jy nie nonsens gaan vat van hulle nie!!!

    Geniet haar!!!

    kommentaar deur Louise Lourens | Julie 25, 2008 | Antwoord


Lewer kommentaar op dirkltjie Kanselleer antwoord