Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Pappa se dogtertjie word groot. Aaaaaargghh!

 Pappa se dogtertjie

So lyk sy as klein babadogtertjie.  Broos, onskuldig, afhanklik.

Sy is van kleins af geleer van die dinge van die lewe, en hoekom haar pa vol streng reels sal wees wanneer die boyfriends eendag op die toneel gaan verskyn.

En toe ons weer ons oge uitvee, is boyfriends die realiteit. Ok, op laerskool was daar twee van hulle, maar dit is van daai wat hulle nie eers oor praat nie, nevermaaind dat hulle nog wil kom kuier.

 Aan die begin van die jaar is sy hoërskool toe. En hoërskool beteken nuwe maats, nuwe vakke, en veral boyfriends, of dan nou een boyfriend. ‘n Rerige boyfriend.

Twee jaar ouer, met al die tools wat ouers moerse nagmerries gee.  Enigeiemand wat al met tienerseuns te doen gehad het weet dalk (of nie?) dat hulle korasies baaie hoër as hulle IK’s is. En in vandag se dae is maagdelikheid op my kind se ouderdom reeds eerder die uitsondering as die reel.

Ons het van kleins af openlik oor die seksuele met ons kinders gepraat, en ook verduidelik dat daar baie goeie redes is om te weerhou van seks totdat jy getroud is. Ek hoef nie die voordele hier uit te spel nie, of moet ek? So ons moet glo dat haar eie waardestelsel, gegrond op haar christelike geloof EN gesonde verstand, haar sal weerhou van stoutigheid.

Maar die tweetjies vreet mekaar behoorlik op! Gelukkig darem net soen en liefie-liefie. Ek en my vrou kry die horries! Verbied ons hulle dit, dan doen hulle dit skelm. Dan is daar geen beheer nie. Maar ek trek die streep tussen openbaar en privaat. Hulle mag NIE in my sitkamer sit en soen nie. Hulle mag glad nie ‘n slaapkamer kom nie. As hulle wil soen, moet hulle dit buite gaan doen, waar die gesin nie daarop kan afkom nie. Hopelik help dit om die soenery (en meer) te beperk. Maar ons hou maar dop en waarsku as die passie te hoog wil loop. Here, gee ons wysheid hier!

Ek beperk haar tot een maal ‘n maand se kuier by die seun se huis, want ek glo nie die beheer is so goed soos by ons nie. Hoe seg mens nou vir die seun en sy gesin my kind mag nie daar kom kuier nie?

Maar oorslaap is uit soos koekies in die weeshuis buite krismis seisoen. Is ons te streng of te rustig?

Kort na die boyfriend op die toneel verskyn het, verskyn daar nog ‘n stresopwekker in ons huis. En ek het haar nogal gehelp om dit te kry. Mxit! Wonderlike tool, wat byna niks kos om te gebruik nie.

Probleem is net: Die liefies kuier HEELDAG op Mxit, as jy hulle kans gee. Sy word met die foon wakker en raak aan die slaap met die ding soos ek en jy voor die TV, of met ‘n boek. Dit is darem nou nie net die boyfriend nie, maar ook ander tjomme.

Ek het haar geseg dat in die kwartaal sy slegs tussen 9 en 10 saans mag Mxit. In die vakansie is dit egter moeiliker om die beperking te handhaaf. BF is ver, so sy sien hom nie elke dag soos in die kwartaal nie. so, ek verstaan. Maar sy weet dat 6nm tot 9nm is gesinstyd, dan mag sy nie Mxit nie.

Maar dan vat sy gedurig kanse soos, “Ek kyk ‘n fliek, en dan ek mos maar Mxit”.

Toe gryp ek haar haar gisteraaand en seg: “As jy aanhou Mixit en TV kyk, en nie tyd maak vir jou gesinslede nie, moet jy die gevolge daarvan dra”.

Ek het haar ook geseg dat ek gatvol is om te smeek vir aandag. Sy moet nou maar aangaan, en die gevolge dra. Balans moet gehandhaaf word.

Dit lyk asof sy dalk wakker geskrik het, want toe ek vanoggend van Sandton af terugkom, is sy aan die koekies bak, en vertel dat sy nog nie ge-Mxit het heeldag nie. kom ons hoop dit sink in. Ek dit sou verpes om haar selfoon weg te vat, maar ek sal dit moet doen as sy nie vinnig balans kry nie.

Dan wil ek dit seg: Dit is skokkend om te sien hoe slapgat ouers is met die beheer en toesig oor hulle tienerkinders se doen en late. Miskien is dit omdat so baie moet werk deesdae, en veral enkelouers wat sukkel om die ma/pa rol te versoen met die broodwin rol. 

Laasweek hoor ek van ‘n spul skoollaaities wat ‘n tjom dronkgemaak het. en hom op sy fiets laat huistoe ry het daarna. Ons het ook gekuier in ons jong dae, maar ons het ons vrinne opgepas. Skoolkinders kan nog nie drank gebruik nie, want hulle kan nie eers daardie basiese verantwoordelikheid nakom teenoor hulle vriende nie.

Daarom is ek steeds baie taai om veral my tienerkinders te laat kuier by mense wat ek nie ken nie, en veral waar daar nie ouerlike toesig is nie. die Jonge dame het hoeka laasweek dit getraai, en is uitgevang. Sy sal dit nie weer waag nie.

En oorslapery tussen ‘n spul tieners is UIT! Een vriendinnetjie het getraai dat my dogter daar gaan oorslaap. Ons moes toe hoor hoe sy gescheme het almal by haar BF te gaan laat bly, sodat almal lekker kan kuier (vry? of meer?).

Wie van julle het tieners, en hoe hanteer julle hierdie issues?

 Mxit!

Junie 24, 2008 Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | 21 Kommentaar