Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Mense om ons…..dws vriende

My kop roer die afgelope twee of drie weke vreeslik hard om die menseverhoudinge wat spesifiek onder die titel “Vriende” val, te definieer.

Vriende  kan jou bure (daai saam met jy kuier) wees, mense wat saam met jou in die kerk/selgroep/gebedsgroep is, en wie se kinders en jou kinders saam speel. Met ander woorde, daardie mense wat deel van jou lewe is omdat jy woon en werk waar jy is, en jou kinders skoolgaan waar hulle is, en jy in die kerk is wat jy is.

Dan kry jy natuurlik daardie vriende wat suiwer net vriende is omdat hulle en jyself op ‘n stadium ‘n band gevorm het wat wyer strek as die ander vriende.

En hoe kan ek vergeet? Jou internet vriende is ‘n nuwe tipe vriendskap wat selfs 10 jaar terug nie bestaan het, of waarvoor mense sou gelag het as julle twintig jaar terug sou seg dat hulle vriende gaan he wat hulle nog nooit die gesig van gesien het nie.

My kopkrap gaan oor die vraag: Hoe diep moet vriendskap raak? Hoe ver moet jy vriende toelaat in jou persoonlike ruimte? Hoe ver kan jy verwag dat vriende jou moet toelaat? Is daar plek vir oppervlakkige vriendskappe? Is daar plek vir simbiotiese vriendskappe? Simbiotiese vriendskappe is daardie wat sal hou net solank daar ‘n gemeenskaplke belang is.

My verstaan van vriendskap was nog altyd dat vriendskap daar is om mekaar te ondersteun. Om beskikbaar te wees wanneer jou vriend ‘n skouer nodig het om op te huil. Om eerlik te wees teenoor jou vriend as jy dink hy jaag aan. Of as hy onregverdig teenoor sy maat/kinders optree. Om hom te ondersteun wanneer hy deur ‘n moeilike depressiewe fase in sy lewe gaan. Om met hom ‘n pad te stap om een of ander emosionele of sielkundige gogga wat sy lewensgeluk steel, uit die weg te ruim. en uiteraard daarop te kan staatmaak dat jou vriend vir jou dieselfde sal doen.

En dan moet daar natuurlik die saam rugby kyk en visvang en kuier en ander ligsinnige goed bykom, ander kan vriendskap mos nou maklik in ‘n depressiewe swart ervaring verander.

My verstaan was nog altyd dat ALLE vriendskappe na die Utopia van vriendskap soos ek dit hierbo verstaan, moet mik. My verstaan was nog altyd dat vriendskappe wat nie groei in diepte nie, eintlik maar tydmors word, en sulke vriende maar oor tyd uit jou lewe moet verdwyn, want dit dien geen doel nie.

My vraag is: Is dit realisties om te verwag dat alle vriendskappe moet groei in diepte? Is daar plek vir sogenaamde oppervlakkige vriendskappe?

Wat van daai vriende wat jy al soveel jaar mee aankom, wat nooit van hulle laat hoor nie. As jy nie bel nie, hoor jy niks. maar tog is hulle altyd verskriklik opgewonde om van jou te hoor.  Hierdie tipe vriende wat ver woon, is ook geneig om gedurig te wil weet wanneer jy weer na hulle kant toe kom, maar nooit op die vliegtuig of in die kar sal klim en na jou kant toe kom kuier nie. Is daar plek vir hierdie vriende? moet jy annhou om hierdie vriendskappe lewendig te hou?

Wat van daai vriende wat deel van jou lewe is, maar wegskram van enige dieper gesprek as vandag se rugby, Bob mugabe se intellegensie, en Steve Hofmeyr se kaskenades?

En wat van jou blog vrinne? Partymaal dink ek hierdie is die lekkerste vriende, want wat jy seg is wat saakmaak. Daars nie status, geld, voorkoms, of enige iets ydel wa die vriendskap be-invloed nie.

Dan weer, is blog vriende rerig? Dit is net te maklik om uit ‘n virtuele vriendskap te verwyn.  Vra maar vir Steve hofmeyr.

Miskien is deel van die lekkerte van blogvriendskappe dat ek as man met etlike vrouens kan vriende wees, wat in die fisiese wereld om my, waarskynlik nie moontlik sou wees nie, weens gemeenskapskinder en vrouens wat nie mal is oor hulle mans se vriendskappe met ander vrouens nie?

Ek sluit nie huweliksmaats, kinders, en ander familie in by hierdie gedagtes nie. Want familie en gesinne se dinamika werk weer heeltemaal anders.

Laat weet wat julle dink. asseblief.

Junie 20, 2008 - Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | 4 Kommentaar

4 Kommentaar »

  1. Dirk A FRIEND IN NEED IS A FRIEND IN DEED!! Dit is my goue reèl in die lewe! Ek het my vriendin ken mekaar sedert 1982!! Ek en Lee deel baie dingetjies, ek weet alles van haar en sy weet alles van my, ons het mekaar al getroos, bygestaan, gehelp, vir mekaar gebid – ons verjaar ‘n paar dae uit mekaar!!

    Dirk sedert ek begin blog en blogs lees het, het ek heelwat BLOG maatjies ontmoet, met wie ek regtig goed oor die weg kom, ons comment op mekaar se blogs, stuur vir mekaar mooi mails, ek gaan nie almal hier se name noem nie, maar daar is ‘n paar met wie ek regtig baie goed bevriend geraak het, snaaks ek het nog nie eers almal ontmoet nie. ((EK HET DAREM DIE VOORREG GEHAD OM JOU EN JOU SEUN TE ONTMOET))! Ek het wel al ‘n paar blog mense ontmoet – mens kan dan ‘n gesig by die naam sit!

    ‘n Vriend moet daar wees vir jou ten alle tye, by jou kan staan, jou kan ondersteun, kan raad gee, kan help in moeilike tye, en andersom, jy moet jou vriend kan help, daar wees vir hom of haar! Die een hand was mos die ander hand. Mens kan nie sonder ‘n vriend of vriendin of ‘n paar vriende nie!

    Dirk baie dankie ook vir jou vriendskap. VRIENDSKAP gaan oor gee en neem – ontvang en uitdeel!! Jy kan nie net altyd aan die ontvang kant wil wees nie, jy moet kan uitdeel ook!

    Lekker naweek!

    Comment deur meermin | Junie 20, 2008 | Reply

  2. Ek hou baie van jou post vandag. Diep vraag. Ek dink ook dat met ons gejaagde lewe deesdae dit “makliker” is om cyber/blog vriende te hê by wie jy vinnig kan inloer.

    Ek het min GOEIE vriende met wie ek diep dinge sal deel. As ‘n vriend nie jou lewe aanraak ten goede nie, dan is hulle nie vriende nie.

    ‘n Vriend lewer altyd opbouende kritiek tot jou voordeel. Vriende het die reg om eerlik met jou te wees. Hulle het egter nie die reg om jou kinders of familie af te kraak nie.

    Mens leer by vriende. Voel tuis. Kan jouself wees. Voel gemaklik.

    Ekt ook blog vriende raak geloop en mens kan gou agterkom watter gaan bly en wie nie.

    Comment deur Grootoog Uil | Junie 20, 2008 | Reply

  3. Hi Dirk jy het self al soveel gese en ja ek stem saam met jou, soms is ek ook seker nie die beste vriend nie, maar ja as ek eers is klou ek soos kak aan `n wolkombers.Maar wat ek bedoel dat ek soms nie die beste vriend is nie, is dat ek meeste van die tyd te besig is en te veel hooi op die vurk het en hulle dan afskeep, maar eks steeds hul vriend.

    Een van my vriende het kak aangejaag so ses jaar gelede en was voor die hof gedaag, almal het die rug op hom gedraai, maar ek het hom ondersteun en al was hy skuldig bevind het ek by hom gestaan, ons is steeds vriende. Gelukkig het hy net `n opgeskorte vonnis gekry.Maar vandag wil almal wat hom veroordeel het,sy hulp he met sekere dinge.

    Lekker aand my bloggertjommie.

    Comment deur Die Brein | Junie 22, 2008 | Reply

  4. Hi Dirk
    Uiteindelik tyd gemaak om hier uit te kom, het die naweek probeer, maar my selfoon wou nie saamwerk nie.
    Ek stem baie saam met jou en veral my huidige situasie het my in ‘n penarie as dit kom by vriendskap.
    Ek het al ‘n hele paar van my blogmaats ontmoet en party van ons het al oor en weer gekuier en ek het hegter vriendskappe as in jare met mense wat ek nie so baie sien nie as wat ek met enigiemand plaaslik het.
    Wat staan mens te doen as jy net vriendskap wil hê met iemand van die teenoorgestelde geslag en hy wil net trou? Want dis my penarie. En nog altyd stel ek ander se belange en geluk bo my eie, maar ek sal baie vinnig iets aan my probleem moet doen, want trou en skei kan ek beslis nie weer nie.
    Dankie vir jou omgee e-mail, ek het myself probeer troos in my antwoord aan jou, maar dit gaan nie werk nie. En oor vriendskappe tussen teenoorgestelde geslagte op die net – dit werk beslis beter as in die werklike lewe, al is mens nie jaloers nie is dit seker in ‘n mate natuurlik om daaroor te wonder en dalk selfs te worry!

    Comment deur Xanika | Junie 23, 2008 | Reply


Lewer kommentaar