Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Mense om ons…..dws vriende

My kop roer die afgelope twee of drie weke vreeslik hard om die menseverhoudinge wat spesifiek onder die titel “Vriende” val, te definieer.

Vriende  kan jou bure (daai saam met jy kuier) wees, mense wat saam met jou in die kerk/selgroep/gebedsgroep is, en wie se kinders en jou kinders saam speel. Met ander woorde, daardie mense wat deel van jou lewe is omdat jy woon en werk waar jy is, en jou kinders skoolgaan waar hulle is, en jy in die kerk is wat jy is.

Dan kry jy natuurlik daardie vriende wat suiwer net vriende is omdat hulle en jyself op ‘n stadium ‘n band gevorm het wat wyer strek as die ander vriende.

En hoe kan ek vergeet? Jou internet vriende is ‘n nuwe tipe vriendskap wat selfs 10 jaar terug nie bestaan het, of waarvoor mense sou gelag het as julle twintig jaar terug sou seg dat hulle vriende gaan he wat hulle nog nooit die gesig van gesien het nie.

My kopkrap gaan oor die vraag: Hoe diep moet vriendskap raak? Hoe ver moet jy vriende toelaat in jou persoonlike ruimte? Hoe ver kan jy verwag dat vriende jou moet toelaat? Is daar plek vir oppervlakkige vriendskappe? Is daar plek vir simbiotiese vriendskappe? Simbiotiese vriendskappe is daardie wat sal hou net solank daar ‘n gemeenskaplke belang is.

My verstaan van vriendskap was nog altyd dat vriendskap daar is om mekaar te ondersteun. Om beskikbaar te wees wanneer jou vriend ‘n skouer nodig het om op te huil. Om eerlik te wees teenoor jou vriend as jy dink hy jaag aan. Of as hy onregverdig teenoor sy maat/kinders optree. Om hom te ondersteun wanneer hy deur ‘n moeilike depressiewe fase in sy lewe gaan. Om met hom ‘n pad te stap om een of ander emosionele of sielkundige gogga wat sy lewensgeluk steel, uit die weg te ruim. en uiteraard daarop te kan staatmaak dat jou vriend vir jou dieselfde sal doen.

En dan moet daar natuurlik die saam rugby kyk en visvang en kuier en ander ligsinnige goed bykom, ander kan vriendskap mos nou maklik in ‘n depressiewe swart ervaring verander.

My verstaan was nog altyd dat ALLE vriendskappe na die Utopia van vriendskap soos ek dit hierbo verstaan, moet mik. My verstaan was nog altyd dat vriendskappe wat nie groei in diepte nie, eintlik maar tydmors word, en sulke vriende maar oor tyd uit jou lewe moet verdwyn, want dit dien geen doel nie.

My vraag is: Is dit realisties om te verwag dat alle vriendskappe moet groei in diepte? Is daar plek vir sogenaamde oppervlakkige vriendskappe?

Wat van daai vriende wat jy al soveel jaar mee aankom, wat nooit van hulle laat hoor nie. As jy nie bel nie, hoor jy niks. maar tog is hulle altyd verskriklik opgewonde om van jou te hoor.  Hierdie tipe vriende wat ver woon, is ook geneig om gedurig te wil weet wanneer jy weer na hulle kant toe kom, maar nooit op die vliegtuig of in die kar sal klim en na jou kant toe kom kuier nie. Is daar plek vir hierdie vriende? moet jy annhou om hierdie vriendskappe lewendig te hou?

Wat van daai vriende wat deel van jou lewe is, maar wegskram van enige dieper gesprek as vandag se rugby, Bob mugabe se intellegensie, en Steve Hofmeyr se kaskenades?

En wat van jou blog vrinne? Partymaal dink ek hierdie is die lekkerste vriende, want wat jy seg is wat saakmaak. Daars nie status, geld, voorkoms, of enige iets ydel wa die vriendskap be-invloed nie.

Dan weer, is blog vriende rerig? Dit is net te maklik om uit ‘n virtuele vriendskap te verwyn.  Vra maar vir Steve hofmeyr.

Miskien is deel van die lekkerte van blogvriendskappe dat ek as man met etlike vrouens kan vriende wees, wat in die fisiese wereld om my, waarskynlik nie moontlik sou wees nie, weens gemeenskapskinder en vrouens wat nie mal is oor hulle mans se vriendskappe met ander vrouens nie?

Ek sluit nie huweliksmaats, kinders, en ander familie in by hierdie gedagtes nie. Want familie en gesinne se dinamika werk weer heeltemaal anders.

Laat weet wat julle dink. asseblief.

Junie 20, 2008 Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | 4 Kommentaar