Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Kliek. En hy is virtueel dood!

Ek het nogal gewonder hoe lank dit gaan wees.

Kry ‘n email van Renchia, waar ek eers dog wie is dan nou dood?

Maar vir heelwat mense is dit sekerlik net so erg so die afsterwe van ‘n goeie vriend. Miskien erger, want anders as met regte afsterwes, waar jy nie meer elke dag die mens  sien nie, gaan jy nog steeds hierdie dooie in die land van die lewendes sien.

Skielik kan jy nou nie meer weet oor wat elke dag in sy lewe aangaan nie. En jy kan nie meer met hom gesels nie. Jy kan hom nie bemoedig nie, en jy kan nie meer hom berispe as jy dink hy jaag aan nie. En jy kan nie meer vir ander mense vertel hoe lekker julle twee nou al weer oor dit of dat gepraat het nie.

En jy het nie eens memories nie, want dit is ook toegesluit.

Nou moet jy ook maar soos al die plebs sonder Internet, by sy shows gaan ry staan om ‘n ou fototjie te kry. En nie te lank nie, gaan sy gesig nie meer ophelder omdat jy sus of so van die blog is (was) nie.

Julle ken mekaar nie meer nie. Jy is nou nog net een van die duisende gesigte wat shows kom kyk, en sy CD’s koop.

Sterkte met die rou proses! Ek het gelukkig al ‘n week gelede daarmee begin. Maar somehow voel ek tog steeds effens legerig.

En vir hom: Sterkte met die heel word proses! Miskien het jy die regte ding vir jouself en veral jou gesin gedoen…maar die bloggers is eina vanoggend!

Junie 2, 2008 - Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | 16 Kommentaar

16 Kommentaar »

  1. Die eina sal wel oorwaai, ons as bloggers moet sy besluit respekteer. Sy gesin en hy moet nou eers weer hulle voete vind. Gun hom dit…

    Lekker dag verder

    p.s.s kan net dink wat die media weer hiermee gaan maak

    Comment deur neykie | Junie 2, 2008 | Reply

  2. Hallo Dirk
    Dankie vir ‘n plekkie waar ons ons wonde kan lek! Is baie waar wat jy sê, dit voel regtig soos dood. Het ook nie heeltemal hieraan gedink soos jy dit stel nie. So sterkte vir almal wat rou.
    En Steve, as jy dalk hierdie lees, baie dankie vir alles wat jy met ons gedeel het. Alles van die beste vir die toekoms.

    Comment deur Xanika | Junie 2, 2008 | Reply

  3. Mmmmmmmmmm! Is weird ene die!!!! Ek wonder en wonder…

    En wil dan so al breed smile…. want ‘who knows’….

    ((((((((((((dirk)))))))))))))

    Comment deur platterfuss | Junie 2, 2008 | Reply

  4. Jip dis jammer, sommer hartseer. Ek’t ook al ‘n geruime tyd opgehou blog. Dis toe uittreksels van die blog in die koerante pruik. Ek het nooit ‘n skuilnaam gebruik nie, so ek’t liewer toe eerder net gelees en nie geblog nie.

    Ja, dis sad dat jou hele lewe so oopgevlek en uitgerafel in die media uitgeblaker word. Weet jy, ek stel belang in mense se lief en leed maar GEENSINS in skinder nie. I really just don’t care. Jou vuil wasgoed is juis dit, en ons almal het daarvan.

    Ek het steeds (en sal altyd)vir hom ontsaglike respek as kunstenaar en sal altyd ‘n fan wees. Maar nou is dit tyd vir sy familie en rus. Dit was regtig lekker om sy daaglikse doen en late met hom te deel. Dit sal altyd onthou word.

    Comment deur Grootoog Uil | Junie 2, 2008 | Reply

  5. Hello Dirk.

    Na die sms wat ek ontvang het, lees ek toe self op SSSB van Steve se besluit en ons kan net die lekker spoegies op SSSB in herinnering hou en voortbou op wat mooi en wonderlik is en dat ons darem die voorreg gehad het om deel te wees van 1 eksklusiewe blog. Jy en vele ander is darem daar en saam gaan ons klou aan vriende en vriendskap.Alle sterkte en seën en dankie vir jou ode aan Steve.

    Elke donker wolk het ‘n silwer randjie………….

    Comment deur Petro | Junie 2, 2008 | Reply

  6. Ek dink dit is maar beter so…. dit was ook maar ‘n pinkie-en-arm storie aan die einde van die dag en daar was later ‘n element van “te”.

    Comment deur Jo-Ann Schou | Junie 2, 2008 | Reply

  7. Hi Dirk

    Ek dink dit is goed. Steve se blog het te veel skietgoed vir die pers gegee en hy het in te veel spoeggevegte betrokke geraak.

    Dit wat hy van Brad en Angeline sê is die waarheid. Ek dink daar is te veel mense wat dink hulle het reg in Steve se persoonlike lewe.

    Net soos elkeen van ons na privaatheid smag, so doen Steve ook.

    Comment deur Riaan Oosthuysen | Junie 2, 2008 | Reply

  8. Hi Dirk

    Ek dink ek verstaan… ma ek doe nie…

    Daar is min goeie afrikaanse blogs wat kan doen vir afrikaans wat Steve gedoen het….

    Comment deur Bierpens | Junie 2, 2008 | Reply

  9. Ja ek sal dit respekteer alhoewel ek seker in Feb laas sy blog gelees het, ek lees so hier en daar nog blogs en los so hier en daar comments, het ook al daaraan gedink om op te hou blog, maar dit is JUIS my uitlaatklep as dinge druk!! Op my ou bloggie praat ek soms my hart uit, maar nie heeltemal nie!! DIKKES!

    Comment deur meermin | Junie 3, 2008 | Reply

  10. Ek is net so hartseer oor hy ophou blog het.

    Comment deur Roer | Junie 3, 2008 | Reply

  11. sssb- RIP

    Comment deur costello | Junie 3, 2008 | Reply

  12. Dis maar hartseer vir ons … maar dit wys jou net dat ons nooit rerig die reg verdien het om altyd als te geweet het oor sy lewe soos wat ons partykeer gedink het ons het nie.

    Hy skuld ons niks, maar tog het hy meer met ons gedeel as wat hy partykeer moes en hom dalk meer in die moeilikheid gekry.

    Respek Steve … miskien sien ons jou gouer as wat ons dink … maar if not, life goes on. It was fun while it lasted.
    Ons hoop nou maar net dat die media se nuus oor jou opdroog en as hulle iets moet skryf dat dit goeie nuus sal wees.

    Gerba

    Comment deur Gerba | Junie 4, 2008 | Reply

  13. Steve se blog sal gemis word. Ek het nooit self iets daar geskryf nie, maar net geniet om te lees. Ek wens Steve goeie gesondheid toe. ;)

    Comment deur Dalean | Junie 5, 2008 | Reply

  14. Gmph! Nou’s jy OOK sommer weg? Neeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!!!!!

    Comment deur platterfuss | Junie 12, 2008 | Reply

  15. So jammer om te hoor so jammer om te hoor.Ek mis nou nie SSSB nie gaan kyk na die laaste drie maande se comments van “Die Brein” Ek het baie afgeskaal voordat SSSB gesneuwel het.

    Die een se dood is die ander se brood kom kyk na http://diewerf.wordpress.com

    Comment deur Die Brein | Junie 16, 2008 | Reply

  16. Nou wat het van jou geword Dirk???

    Comment deur meermin | Junie 19, 2008 | Reply


Lewer kommentaar