Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Kliek. En hy is virtueel dood!

Ek het nogal gewonder hoe lank dit gaan wees.

Kry ‘n email van Renchia, waar ek eers dog wie is dan nou dood?

Maar vir heelwat mense is dit sekerlik net so erg so die afsterwe van ‘n goeie vriend. Miskien erger, want anders as met regte afsterwes, waar jy nie meer elke dag die mens  sien nie, gaan jy nog steeds hierdie dooie in die land van die lewendes sien.

Skielik kan jy nou nie meer weet oor wat elke dag in sy lewe aangaan nie. En jy kan nie meer met hom gesels nie. Jy kan hom nie bemoedig nie, en jy kan nie meer hom berispe as jy dink hy jaag aan nie. En jy kan nie meer vir ander mense vertel hoe lekker julle twee nou al weer oor dit of dat gepraat het nie.

En jy het nie eens memories nie, want dit is ook toegesluit.

Nou moet jy ook maar soos al die plebs sonder Internet, by sy shows gaan ry staan om ‘n ou fototjie te kry. En nie te lank nie, gaan sy gesig nie meer ophelder omdat jy sus of so van die blog is (was) nie.

Julle ken mekaar nie meer nie. Jy is nou nog net een van die duisende gesigte wat shows kom kyk, en sy CD’s koop.

Sterkte met die rou proses! Ek het gelukkig al ‘n week gelede daarmee begin. Maar somehow voel ek tog steeds effens legerig.

En vir hom: Sterkte met die heel word proses! Miskien het jy die regte ding vir jouself en veral jou gesin gedoen…maar die bloggers is eina vanoggend!

Junie 2, 2008 Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | 16 Kommentaar