Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Die plesier van ‘n papierlose wereld. En die pyn daarvan.

Vandat ek gehoor het van iets soos ‘n rekenaar, het ek altyd gedroom van twee goed:

Werk van die huis af en ‘n papierlose wereld.

En ek het altwee drome min of meer verwesentlik.

Ek werk vir ‘n vooruitdenkende, familie vriendelike maatskappy wat my toelaat om van die huis af te werk, en slegs vir vergaderings Sandton toe te ry.  

Ek kry dit ook heel gemaklik reg om vir ‘n week te werk sonder om een keer ‘n pen op te tel.

Want sien, ek het ‘n laptop en ‘n selfoon.

My hele lewe, behalwe vir my kerkgang en sekere van my persoonlike verhoudings, is op hierdie twee instrumente vasgevang. Heerlik. My hele werkslewe, op twee apparate met ‘n totale volume van  1240 kubieke centimeter. Heerlik mobiel. Handig, want jy druk net ‘n paar knoppe en jy kry alles wat jy nodig het.  Ek het selfs e-vriende wat ek nog nooit in lewende lywe ontmoet het nie.

Maar eergisteraand stort  my hele papierlose wereld in duie. Ek doen werk op die kombuis tafel, en gaan sit die laptop terug in die kantoor sonder om dit af te sit. Dit raak uit krag uit, en doen ‘n abnormale Shutdown. Toe ek probeer om dit weer aan die gang te kry, vorder ek niks verder as ‘n gevreesde “bluescreen” nie. Hierdie bluescreen kom op as jou rekenaar ‘n probleem ervaar, en Windows nie wil start nie, om jou data te beskerm.  Die boodskap wat ek saam met die bluescreen kry, beweer dat sekere my rekenaar se boot volumes nie gemonteer is nie, in kort: MY HARDESKYF IS DALK KORRUP.

My hele werkslewe is op hierdie hardeskyf. Die laaste twee en ‘n half jaar s’n. Daar is baie van daardie data, wat as ek dit nie kan in die hande kry nie, ek 24 uur later maar my goed kan vat en loop.  Mens dnk mos dit kan nie met jou gebeur nie!

Ek sterf 50 dode in ses ue se tyd. Teen half elf laat die techies my weet my laptop is gered. Ek vat hom net so by hulle, draf na my kantoor toe, EN MAAK BACKUPS. Selfs voor ek my email vir die dag lees.

Nou, hoeveel van julle het al julle telefoonnommers en kontak details net op julle selfone? Wat as daai foon gesteel word? Of daai foon se memory kaart of hardeskyf (ja, selfone het ook hardeskywe, al is dit kleiner as ‘n laptop of PC s’n) oppak?

Maak Backups! A jy ‘n rekenaar het, sinkroniseer (copy, sync) jou selfoon nommers na jou rekenaar toe. Nokia PC Suite is uitstekend hiervoor. Ek is seker die ander selfoon vervaardigers het soortgelyke sagteware. As jy nie ‘n laptop het nie, maar jou foon kan ‘n memory kaart vat, moet jy dalk maar ‘n ekstra memory kaart koop en jou selnomers daarop dupliseer. Ek weet nie of dit so kan werk nie, maar vind gerus uit. If all else fails, skryf jou selfoon kontakte af op papier. So much for a paperless world.

Maak backups van jou laptop of PC se inhoud. Maak seker jy het ten minste ‘n USB poort of CD skrywer. Gaan maar deur die pyne om jou kritiese dokumente en wat nog, op ‘n eksterne stoormedium (memory stick, CD, DVD) te skryf. Doen dit ten misnte een maal per maand, maar dalk meer dikels, afhangende van wat jy op rekenaar stoor.

Dan, as jou virtuele wereld in duie stort, soos myne eergisteraand, kan jy redelik gou die stukke optel en aangaan met jou (virtuele) lewe.

Dankie Here, ek het nog my werk vandag…..Dit was close!

Mei 28, 2008 - Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | 8 Kommentaar

8 Kommentaar »

  1. Ek dink jy kry ‘n gadget waarop jy jou selfoon se nommers kan back-up. Iets soos R50.

    Jip, Nokia weet van! Bly jou alie is gered.

    Comment deur skoor | Mei 28, 2008 | Reply

  2. Ai man bly jy kon darem als terugkry.

    Jy’s reg, ek bedinges myself as dit met my moet gebeur. Eintlik sad nê?
    Lekker dag.

    Comment deur Uil | Mei 28, 2008 | Reply

  3. Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup BackupBackup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup BackupBackup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup ckup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup Backup

    Comment deur riaanoosthuysen | Mei 28, 2008 | Reply

  4. Dis ‘n dure les wat ek nou by jou geleer het… Oi, dit was amper. Maar geen back-ups in 2 1/2 jaar. Dirk, Dirk, Dirk…. :lol: :lol:

    Comment deur Pikkelik | Mei 28, 2008 | Reply

  5. LUISTER NOU MOOI VIR RIAAN, en kyk by Skoor hierbo se inskrywing.

    Dankie, Uil.

    Comment deur dirkltjie | Mei 28, 2008 | Reply

  6. Hallo Dirk
    Sjoe, ek weet in ‘n mate waardeur jy gegaan het. Verlede jaar Oktober skakel ek eendag my rekenaar by die werk aan en daar is NIKS! Ek het gevoel hoe die hele wêreld om my in duie stort. Maar dit was toe niks ernstig nie – die baas het die vorige middag teen die rekenaar se boks geskop en na ek alles weer vasgesit het (het die ding oopgemaak en al die skroewe vasgedraai!) was alles weer reg.

    Maar daardie hulpelose gevoel is aaklig. Ek het DADELIK alles op my werksrekenaar gebackup en oorgesit op een van die ander rekenaars, ‘n datakabel vir my selfoon bestel en alles op my rekenaar by die huis gebackup en op CD’s gesit.

    En meeste van my foto’s laai ek op my blog, selfs al plaas ek dit nie. Net vir in case…

    Hoop iemand het darem vir jou ‘n glas suikerwater aangebied!

    Comment deur Xanika | Mei 28, 2008 | Reply

  7. back ups laat ek begin met back ups en nogmaals back ups wat maak ek nog hier back ups back ups, eish!! Dit was baie close Dirk!!

    Comment deur meermin | Mei 28, 2008 | Reply

  8. Hi Dirk

    Ja dis egter ook sommer `n wakeup call vir my ook om te backup.Lekker dag.

    Comment deur Die Brein | Mei 28, 2008 | Reply


Lewer kommentaar