Dirk se Kop se …

Just another WordPress.com weblog

Die plesier van ‘n papierlose wereld. En die pyn daarvan.

Vandat ek gehoor het van iets soos ‘n rekenaar, het ek altyd gedroom van twee goed:

Werk van die huis af en ‘n papierlose wereld.

En ek het altwee drome min of meer verwesentlik.

Ek werk vir ‘n vooruitdenkende, familie vriendelike maatskappy wat my toelaat om van die huis af te werk, en slegs vir vergaderings Sandton toe te ry.  

Ek kry dit ook heel gemaklik reg om vir ‘n week te werk sonder om een keer ‘n pen op te tel.

Want sien, ek het ‘n laptop en ‘n selfoon.

My hele lewe, behalwe vir my kerkgang en sekere van my persoonlike verhoudings, is op hierdie twee instrumente vasgevang. Heerlik. My hele werkslewe, op twee apparate met ‘n totale volume van  1240 kubieke centimeter. Heerlik mobiel. Handig, want jy druk net ‘n paar knoppe en jy kry alles wat jy nodig het.  Ek het selfs e-vriende wat ek nog nooit in lewende lywe ontmoet het nie.

Maar eergisteraand stort  my hele papierlose wereld in duie. Ek doen werk op die kombuis tafel, en gaan sit die laptop terug in die kantoor sonder om dit af te sit. Dit raak uit krag uit, en doen ‘n abnormale Shutdown. Toe ek probeer om dit weer aan die gang te kry, vorder ek niks verder as ‘n gevreesde “bluescreen” nie. Hierdie bluescreen kom op as jou rekenaar ‘n probleem ervaar, en Windows nie wil start nie, om jou data te beskerm.  Die boodskap wat ek saam met die bluescreen kry, beweer dat sekere my rekenaar se boot volumes nie gemonteer is nie, in kort: MY HARDESKYF IS DALK KORRUP.

My hele werkslewe is op hierdie hardeskyf. Die laaste twee en ‘n half jaar s’n. Daar is baie van daardie data, wat as ek dit nie kan in die hande kry nie, ek 24 uur later maar my goed kan vat en loop.  Mens dnk mos dit kan nie met jou gebeur nie!

Ek sterf 50 dode in ses ue se tyd. Teen half elf laat die techies my weet my laptop is gered. Ek vat hom net so by hulle, draf na my kantoor toe, EN MAAK BACKUPS. Selfs voor ek my email vir die dag lees.

Nou, hoeveel van julle het al julle telefoonnommers en kontak details net op julle selfone? Wat as daai foon gesteel word? Of daai foon se memory kaart of hardeskyf (ja, selfone het ook hardeskywe, al is dit kleiner as ‘n laptop of PC s’n) oppak?

Maak Backups! A jy ‘n rekenaar het, sinkroniseer (copy, sync) jou selfoon nommers na jou rekenaar toe. Nokia PC Suite is uitstekend hiervoor. Ek is seker die ander selfoon vervaardigers het soortgelyke sagteware. As jy nie ‘n laptop het nie, maar jou foon kan ‘n memory kaart vat, moet jy dalk maar ‘n ekstra memory kaart koop en jou selnomers daarop dupliseer. Ek weet nie of dit so kan werk nie, maar vind gerus uit. If all else fails, skryf jou selfoon kontakte af op papier. So much for a paperless world.

Maak backups van jou laptop of PC se inhoud. Maak seker jy het ten minste ‘n USB poort of CD skrywer. Gaan maar deur die pyne om jou kritiese dokumente en wat nog, op ‘n eksterne stoormedium (memory stick, CD, DVD) te skryf. Doen dit ten misnte een maal per maand, maar dalk meer dikels, afhangende van wat jy op rekenaar stoor.

Dan, as jou virtuele wereld in duie stort, soos myne eergisteraand, kan jy redelik gou die stukke optel en aangaan met jou (virtuele) lewe.

Dankie Here, ek het nog my werk vandag…..Dit was close!

Mei 28, 2008 Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | 8 Kommentaar

Dirktjie ry weg in die weste…..

Ek het besluit om voorlopig ‘n einde te maak aan Dirk se kop se…, en Dirkltjie se teenwoordigheid op SSSB.

Diegene van julle wat my email adres het, is welkom om my te email, maar weet dit: As jy my uitvra oor my besluit, mag ek jou dalk ‘n antwoord gee wat jy nie van gaan hou nie, en wat dalk die vriendskap mag ruineer.

Ek bedank almal wat op ‘n stadium hier ingeloer het, en veral kommentaar gelewer het.

Sterkte vir elkeen van julle en mag julle God se seen in oorvloed ervaar.

Groete

dirkltjie

Mei 22, 2008 Bygedra deur dirkltjie | Uncategorized | | No Comments Yet